Só lyk die jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 940 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 9 501 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 940 212 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 25 246 nadat nog 339 sterftes aangemeld is: 107 in die Oos-Kaap, agt in die Vrystaat, 30 in Gauteng, 45 in KwaZulu-Natal, sewe in Limpopo en 142 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 808 241 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 6 215 728 toetse vir Covid-19 gedoen, 39 045 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap161 18617,1%
Vrystaat60 8056,5%
Gauteng259 96227,6%
KwaZulu-Natal162 68017,3%
Limpopo20 5192,2%
Mpumalanga33 4933,6%
Noordwes37 0903,9%
Noord-Kaap24 3002,6%
Wes-Kaap180 17719,2%
Totaal940 212100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap6 359143 409
Vrystaat2 13954 359
Gauteng5 226239 069
KwaZulu-Natal3 703127 429
Limpopo53318 694
Mpumalanga62431 693
Noordwes57134 116
Noord-Kaap37221 988
Wes-Kaap5 719137 484
Totaal25 246808 241

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.