Só lyk die jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 517 nuwe Covid-19-gevalle is aangemeld wat die algehele syfer op 2 918 883 te staan bring.

Landwyd is daar nou 19 252 aktiewe gevalle van die virus en 2 810 740 mense het reeds van Covid-19 herstel.

Die sterftesyfer staan nou op 88 891 nadat nog 56 sterftes bevestig is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) staan die positiwiteitskoers op 1,7% en 30 910 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in KwaZulu-Natal (24%), die Vrystaat en die Wes-Kaap (17%), Gauteng (13%), die Oos-Kaap (8%), Noordwes en Mpumalanga (7% elk) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 41
  • Vrystaat: 86
  • Gauteng: 68
  • KwaZulu-Natal: 124
  • Limpopo: 7
  • Mpumalanga: 34
  • Noordwes: 35
  • Noord-Kaap: 32
  • Wes-Kaap: 90
  • Totaal: 517

Volgens Nios is nog 32 mense oor die vorige 24 uur in hospitale opgeneem en 4 323 mense word in hospitale vir die virus behandel.

Die departement van gesondheid sê 206 436 dosisse van die entstof is Vrydag toegedien en 21,2 miljoen dosisse is sedert die uitbreking van die pandemie toegedien.

Entstofdosisse toegedien per provinsie:

  • Oos-Kaap: 2 482 490
  • Vrystaat: 1 179 961
  • Gauteng: 5 664 824
  • KwaZulu-Natal: 3 331 415
  • Limpopo: 2 169 236
  • Mpumalanga: 1 228 017
  • Noordwes: 1 261 173
  • Noord-Kaap: 427 371
  • Wes-Kaap: 3 484 156

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Papsak ·

Julle weet self nie wat hier aan gaan nie stem nie met syfers saam nie

Taurus ·

Die regering van die dag is tog so rasbehep. Daarom wil ek graag ‘n ontleding van hierdie kamtige statistieke volgens RAS sien . Dit is egter seker te veel gevra van die “agbare” SEB amptenare!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.