Minstens 3 255 816 mense in Suid-Afrika het nou al Covid-19 opgedoen nadat nog 24 785 nuwe virusgevalle Donderdag aangemeld is.
Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 30,9 %.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke is daar is nou 210 635 aktiewe virusgevalle in die land.
Die meeste nuwe gevalle is weer in Gauteng (27%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (23%), die Wes-Kaap (19%), Oos-Kaap (9%), Vrystaat (6%), Mpumalanga (5%), Limpopo en Noordwes (4% elk) en die Noord-Kaap (3%).
Provinsie | Nuwe gevalle op 22 November 2021 |
Oos-Kaap | 2 248 |
Vrystaat | 1 426 |
Gauteng | 6 744 |
KwaZulu-Natal | 5 821 |
Limpopo | 968 |
Mpumalanga | 1 286 |
Noordwes | 1 070 |
Noord-Kaap | 623 |
Wes-Kaap | 4 599 |
Totaal | 24 785 |
Daar is altesame al 20 516 511 Covid-19-toetste gedoen waarvan 80 304 mense Donderdag vir die virus getoets is.
Nog 36 Covid-19-verwante sterftes is bevestig, wat die totale sterftesyfer op 90 262 te staan bring.
Altesame 7 614 mense word tans vir die koronavirus in die hospitaal behandel nadat nóg 347 mense sedert die vorige verslag opgeneem is.
Minstens 2 954 919 in Suid-Afrika het reeds van Covid-19 herstel.
Volgens die departement van gesondheid is altesame 12 558 dosisse van die entstof Donderdag toegedien terwyl 27 422 495 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
35 Kommentare
Natuurlik sal Gauteng die meeste. Dis die bangste provinsie met die meeste “woonstelkinders”. Vir die geringste word gehardloop vir toets. Hoeveel wat positief toets, word regtig siek? Aan vir watter een van die virusse toets hulle positief? Pleks mense begin nou vergeet van die virus en normaal aangaan met die lewe. Mense sal altyd siek word en doodgaan, maar is dit nodig om so paranoïes en histeties te word? Wat van al die moorde en padsterftes? Is dit maar niks? Solank jy net nie die virus het nie kan jy maar aan enigiets ander doodgaan.
Verstom my dat soveel mense belangstel om getoets te word. Ek hoop die laaste 20% van SA raak gouimmuun sodat almal maar onder hul beddens mag uitkruip en weer aangaan met die lewe. Inentings gaan die pandemie verleng soos reeds gebeur in al die lande wat hoogs ingeent is soos Engeland en Israel.
So daar is bykans 25 000 mense in SA wat tans griep het. As ek nog eenkeer die woorde “Stay safe” hoor, kots ek.
Suig die getalle uit hulle duime
Hierdie syfers vertrou ek hoegenaamd nie. Ons kan ons nie uit die pandemie uit vaksineer nie.