Só lyk die jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Minstens 23 678 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 1 735 nuwe virusgevalle Saterdag aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 5,8%.

Die departement van gesondheid het Saterdag 26 Covid-19-verwante sterftes aangemeld wat in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Dit bring die algehele sterftesyfer op 99 543 te staan.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (35%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (24%), KwaZulu-Natal (16%), Noordwes (7%), Vrystaat, Limpopo en Mpumalanga (4% elk), die Oos-Kaap (3%) en Noord-Kaap (2%).

ProvinsieGetal nuwe gevalle op 5 Maart aangemeld
Oos-Kaap52
Vrystaat78
Gauteng601
KwaZulu-Natal284
Limpopo69
Mpumalanga76
Noordwes127
Noord-Kaap38
Wes-Kaap410
Totaal1 735

 

Minstens 2 579 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog 27 mense Saterdag opgeneem is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 683 172 mense in Suid-Afrika al die virus opgedoen, van wie byna 97% reeds herstel het.

Daar is altesame al 23 226 664 Covid-19-toetse gedoen, waarvan 29 784 Saterdag gedoen is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 26 436 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 32 018 307 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietertjie ·

Dit lyk of covid-verwante sterftes nou laer is as padsterftes. Voertuie behoort nou as ‘n pandemie verklaar te word.

Chris ·

“Verwant” – soos die CDC berig het moontlik met 4 plus onderliggende mediese probleme. 99 543 Covid “Verwante” sterftes in 2 plus jaar, hartseer maar darm nog laag indien dit vergelyk word met TB sterftes. Daily Maverick berig in 2018 – “The World Health Organisation estimates that 124,000 people died of TB in South Africa in 2016 (about 330 daily). It is the country’s leading cause of death, and has been made much worse by the HIV epidemic: over 80% of people who died of TB in 2016 were also infected with HIV. People with damaged immune systems are at much greater risk of becoming ill with TB.”

Chris ·

Nou sal ek vra – om welke rede sal iemand hierdie afkeur – gee jou mening want dit kan ons almal moontlik verlig.

Lillian ·

Die 5de Maart was dit 2 jaar wat ons nou al die ewige maskers moet dra. Tyd om dit ook nou op te skort en ons daarvan te verlos. Die regering oordoen altyd alles. Die mense wat nie ingeënt is teen dié tyd nie, gaan nie hulself laat intent nie, nie so laat staan nou die gekerm daaroor. Dis ‘n persoonlike besluit en berus nie by julle nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.