Só lyk die jongste Covid-19-statistieke

(Foto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Dinsdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 873 679 gevalle is tot dusver bevestig met 7 552 nuwe gevalle sedert die vorige verslag.

Nog 210 sterftes (95 in die Oos-Kaap, 6 in die Vrystaat, 10 in Gauteng, 23 in KwaZulu-Natal, 6 in Limpopo en 70 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 23 661 te staan.

Altesaam 764 977 persone het reeds herstel.

Minstens 5 920 574 toetse is reeds gedoen met 36 347 nuwe toetse sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap15146617.3
Vrystaat599136.9
Gauteng24739428.3
KwaZulu-Natal14407616.5
Limpopo194062.2
Mpumalanga324083.7
Noordwes358814.1
Noord-Kaap237952.7
Wes-Kaap15934018.2
Totaal873679100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap5681126748
Vrystaat209153663
Gauteng5125231573
KwaZulu-Natal3485120362
Limpopo52018210
Mpumalanga61731144
Noordwes57134116
Noord-Kaap37221474
Wes-Kaap5199127687
Totaal23661764977

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

Ek wonder hoeveel mense het die virus twee of meer keer al gekry…

Jan

Die virus is nou al, soos alle griepvirusse elke jaar, so wyd onder die bevolking versprei dat dit maklik is om gevalle- en sterftesyfers die hoogte te laat inskiet deur eenvoudig meer toetse te doen. As hulle bv. elk van die ongeveer 1 300 daaglikse sterftes se lyke toets sal hulle genoeg “gevalle” kry om verdere idiotiese maatreëls in te stel, al is die toetse vals-positief of die persone by wie die virus gekry is aan ander oorsake dood.