Geen beurtkrag word tans vir die naweek verwag nie. “Ten spyte van die feit dat die stelsel steeds erg onder druk is, verwag ons nie om beurtkrag dié naweek in te stel nie,” het Eskom Vrydag in ʼn verklaring gesê.
Onderbrekings weens onbeplande instandhoudingswerk staan tans op net minder as 11 000 MW, effens laer as Woensdag se 12 751 MW. “Ons maak egter tans gebruik van noodreserwes om die kragtoevoer aan te vul, ten einde aan die vraag na krag te voldoen,” sê Eskom.
Eskom het Suid-Afrikaners weer gewaarsku dat dié vooruitsig kan verander en beurtkrag wel op kort kennisgewing die naweek in werking gestel kan word, indien iets binne die kragstelsel sou verander.
Eskom het verbruikers aangemoedig om krag te bespaar deur:
- Nie te lank te stort nie;
- Eerder kos vroegtydig te laat ontdooi as om die mikrogolfoond te gebruik;
- Selfoonlaaiers uit die kragprop te haal voor hulle die huis verlaat, aangesien dit steeds krag trek tensy dit uit die prop gehaal word en
- Die kouewaterkraan meermale te gebruik as om warm water uit die geiser te tap.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Maroela, julle moet tog dat jul IT persoon weer na die manier waarop julle die karakters en woorde se telling in kommentare, ook in die skryfkompetisie wat julle nou begin het, meet. As mens 250 woorde in Microsoft se Word Dok geskryf het en jy wil dit na die spasie wat julle toelaat kopieer, vind mens dit pas nie, want daar word woorde aan die einde van mens se skrywe weggelaat. Kopieer mens daardie toegelate woorde terug na jou Word Doc, dan vind mens die toegelate aantal woorde soos per die Word Doc se teller is bv 218. Insgelyks word… Lees meer »
En nou dreig hulle met fase 8 as hulle nie ons pensioene kan kry nie. En daardie geld is nie vir opwekking nie maar vie hulle sakke. En al vat hulle ons pensioene is dit nog nie ‘n waarborg dat daar nie beurtkrag gaan wees nie. En so moet ongeveer 1milj mense weer die 57milj red. As my pensioenfonds uit geput is, gaan Eskom vir my sorg?