Só lyk die weer vir Paasnaweek

sonDie Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag gesê dit sal meestal sonnig en warm oor die hele land wees oor die Paasnaweek, maar ‘n paar donderstorms word wel verwag.

Mense wat na die ooskus en noordelike dele van die land reis, sal aangename weerstoestande ervaar, terwyl die sentrale en suid-oostelike dele verspreide donderbuie kan verwag. Swaar reën sal in die oostelike dele van die Oos-Kaap voorkom, wat teen Saterdag na Gauteng, Mpumalanga en dele van Limpopo sal versprei.

Die uitbreiding van ʼn laedrukstelsel sal swaar donderstorms en die moontlikheid van sterk wind en hael vir die oostelike dele van die Oos-Kaap en suidelike dele van KwaZulu-Natal beteken. Dit sal ook aansienlik laer temperature in hierdie areas tot gevolg hê.

Teen Maandag behoort die meeste donderstorms op te klaar, met slegs ligte reën en bewolkte toestande wat in dele van Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Limpopo verwag word. Padgebruikers wat Maandag huiswaarts keer, moet voorbereid wees op ligte reën en mis wat sigbaarheid kan beïnvloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.