Eskom het R4,5 miljard opsygesit om die kragopwekkinguitdagings by die Medupi- en Kusile-kragstasie te bolwerk.
Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom se direksie, het Woensdag by die Lethabo-kragsentrale in die Vrystaat die jongste inligting oor die stand van die kragnetwerk bekend gemaak.
Hy het gesê die koste van Medupi en Kusile het al met meer as dubbel toegeneem tot meer as R290 miljard en dat dit ʼn bykomende vyf jaar geneem het om te bou. Albei kragstasies was veronderstel om nagenoeg 9 600 MW tot die kragnetwerk by te dra.
Volgens Mabuza sal dit ʼn bykomende R18 miljard kos om Kusile en Medupi onderskeidelik te voltooi en dat dit minstens 60 tot 66 maande sal neem om dit te doen.
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het vroeër gesê Medupi en Kusile is swak ontwerp en gebou.
Eskom het intussen R49 miljard opsygesit om oor die volgende vyf jaar aan instandhouding te bestee.
Die kragvoorsiener het ook sy winterplan, wat oor die volgende vyf maande strek bekend gemaak. Dit is om die beskikbaarheidsfaktor van energie te verbeter, beurtkrag tot fase 1 te beperk, behoorlike instandhouding te doen om onderbrekings by kragstasies te verminder, openbare deelname en energiebesparende inisiatiewe aan te moedig en effektiewe en gereelde kommunikasie met alle belanghebbendes te verseker.
Eskom beplan vir twee moontlik scenario’s:
Scenario 1:
Geen beurtkrag
Minder as 9 500 MW se verlies aan kapasiteit weens onverwagte onderbrekings en tussen 3 000 en 5 000 MW se verlies weens beplande redes.
Scenario 2:
ʼn Maksimum van 26 dae se fase 1-beurtkrag. Meer as 9 500 MW se verlies aan kapasiteit weens onverwagte onderbrekings en tussen 3 000 en 5 000 MW se verlies weens beplande redes.
Volgens die kragvoorsiener het hy verskeie inisiatiewe om scenario 1 te bereik. Dit sluit in om Kriel se eenheid 2 weer teen 18 April aan te skakel wat 475 MW sal bydra en Matla se eenheid 5 weer teen 13 Mei aan te skakel wat 575 MW sal bydra. Eskom wil ook Medupi se twee semi-aktiewe eenhede voorberei om tydelik te kan bydra in geval van nood terwyl daar voorberei word om Kusile se derde eenheid binnekort aanlyn te laat kom.
Eskom het gesê die geld vir sy dieselvoorraad is ook goedgekeur en dat dit betyds beskikbaar gestel sal word. Daar word ook verwag dat die kouer weer die prestasie van die kragstasies sal verbeter. Die kraginvoer uit Mosambiek wat beïnvloed is deur sikloon Idai sal ook na verwagting binnekort ten volle herstel wees.
Eskom, het julle die behoeftes van die gebruikers in ag geneem, of … julle net voort op die ou patroon?
Klink soos ‘n Ski-oord waar mens kan bespreek. Verseker doer, doer noord.
oom zumpie het gese daar sal nooit weer beurtkrag wees nie.
Hy verdien lewenslange tronkstraf vir daardie leuen!
Dis nie die stasies wat swak ontwerp is nie, dis die werk wat in SA beplan was en uitgevoer is wat die flop is.
Medupi en Kosile: Swakste projekbestuur wat SA nog OOIT gesien het. Projek is 5 jaar laat en 200% van begroting. Is die PATETE in die pad gesteek of gooi ons maar net nog geld in die rigting van die probleem en hoop die probleem gaan weg!?!?
Is die name nie ‘n probleem nie?
Dis nie eers gepraat van die bykomende R18 miljard per stasie en die verdere 66 maande, soos genoem in artikel, om die werk klaar te kry nie.
En wanneer die werk klaar is, gaan daar duisende mense skielik sonder werk sit. Dis hoekom hulle kort-kort staak om die “indiensneming” volhoubaar te maak.
Waarom word steenkool nie soos nog altyd gebruik nie?
Klink vir my na n verkiesings foefie! Of gaan “our people” nou ook uiteindelik vir dienste begin betaal? Dit is die enigste manier om Eskom aan die gang te hou: almal moet betaal! Nice try.
Medupi & Kosile: Gaan daar n ondersoek wees oor die “swak ontwerp en bou” – iemand het “geskep” en moet aangekla word… of was dit maar die standaard BEE aanstelling… so alles word onder die mat gevee… omdat dit BEE is
En hoe lank gaan daat miljard rande in bank acc bly ek vra maar net.
En steeds word die “oorsake” nie aangespreek nie, maar slegs vir die “gevolge” beplan. Die eerste probleem by Eksdom is: Hopeloos teveel bestuurders en base wat soos vet katte in kantore sit….en 2: Hopeloos teveel mense kry hopeloos teveel geld vir hopeloos te min werk. As jy daardie 2 scenario’s aanspreek, is 50% van jou problem op ‘n einde…
Ek glo niks meer wat hulle kwytraak. Al herstel hulle die krag probleme gaan dit lank vat en hulle swak diens duur wees. Amper is ek klaar om van die grid af te klim.
Die vraag is: “Hoe klim ons heel van die ‘Grid’ af?”
Af van krag, water, riool, skool, universiteit, hospitaal, belasting…..
Dit noem mens emigrasie. Ongelukkig al manier om weer betroubare dienste en standaarde te hê. As jy kan, moet jy gaan.
Carel, wil jy nie die maatskappy se naam gee wil ook van die grid afgaan
Is Gorghan werklik in beheer? Hy spruit ut die Zuma-era met hoeveel sterretjies vir prestasies agter sy naam. Mense glo hy is ‘n nice oom met goeie bedoelings, maar hy is ‘n opgeleide apteker en nie ‘n ingenieur of rekenmeester nie… reeds naby aftrede. Ons sit met groot beloftes vir groot menseregte, groot droogmakery by staatsentiteite, groot onkundigheid en ‘n groter as groot skuldlas… Groot donkertes lè en wag…
Klink bemoedigend, net so jammer ‘n mens kan nie ‘n woord glo wat hierdie gesoute leuenaars opdis nie. Êrens gaan iets weer inkonk en dan het ons weer ondersoeke en kommissies wat kom bla bla bla. Ons het dit mos nou al hoeveel keer gesien.
Wanbetalers en onwettige elektrisiteit diewe floreer nog. Af van die ‘grid’ af, is die beste pad vorentoe as jy in dié misdaadhool móét bly.
As Eskom se planne privatisering was, het ons nog hoop gehad, maar nou ploeter dit weer op dieselfde pad voort.
Totdat Mboweni nie vir die meerderheid sê, die beginsel van PAY WHAT YOU USE, geld nie, sal die gemors net voortduur.
Kul jou hier, kul jou daar en siedaar is ons weer by beloftes soos hoeveel keer van te vore.
Ek is jammer, maar ek glo niks wat hierdie klomp patete deesdae kwytraak nie. Bekwame ingenieurs, sommige aan my bekend, is op die oomblik besig om n kragstasie in die Filipyne te bou. Kundige manne wie se kennis en bekwaamheid as gevolg van die ANC regering se beheptheid met BEE ( lees eintlik ” minderwaardigheidskompleks) vir SA verlore is. Die skip is besig om te sink (net soos die Titanic) maar steeds gaan hul partytjie van staatskaping, korrupsie, nepotisme, leuens en plundery van die staatskas voort. Dit is om van te kots!!
scenario 3 – gaan voort met beurtkrag sodra verkiesing verby is.
Dit is net verstommend dat die vakbonde se bydra tot die treurmare nerens uit gespel word nie. Steeds spoel hulle hul bekke uit terwyl hulle deel van die probleem is.
Sop en brood en dalk ‘n kombers of twee is die gebeurlikheids plan .
“fool me once…”
En die Sjinese lag al die pad bank toe?
Ja en onbeskaamd dra die hoofman van Eskom sy Mafia Hoedjie op TV. Wys maar net alles is net ‘n foefie.
Sou dit terloops wees dat die geld vir dieselvoorraad ook goedgekeur is na gister se uitspattige brandstof stygings?
BEE se mislukte resultate soos oral elders
Hulle lieg ALMAL deur hulle tande!Van Gordhan tot onder terwyl bedrog en korrupsie steeds hoogty vier!
As dit maar BEE was. Mense van Romania was in diens geneem by Kusile kragstasie ipv om van Suid Afrikaners gebruik te maak
Nou ja, die winter is altyd koud – met of sonder Eskom. Kan almal wat hier lees asb deelneem aan AFriforum se versoek vir komberse? Vergeet vir ‘n keer hoe dit is sonder krag – dink hoe dit voel sonder enige warmte! Komaan, as elkeen net EEN kombers koop… Besonderhede is hier op die webblad êrens – kyk maar! Naskrif: MAROELA, ek gaan hierdie maar op elke “gewilde” berig plaas hoop nie jul verwyder dit nie. Party mense lees mos net waar hul kan kla en sien nie waar hul positiewe bydraes kan maak nie
Fred! Hoe kan jy die superieure Eskom vergelyk met die Titanic!? Navorsing wat ek by die ANC se argiewe gedien het bewys bo alle twyfel dat die hele Titanic storie fopnuus is deur wit monopolie kapitaal. Daai storie is westerse verdigsels. In elk geval as ons bekwame BBBEEE ingenieurs toegelaat was om daai skip te bou,sou hy nooit gesink het nie. Ons sou nog aan die bou gewees het….
Die eskom winterplan klink soos n foefie van lesufi! Alex township gaan dalk krag he, maar beslis nie Sandton nie! Almal ken nou al die werklike plan om van sekeres te vat en vir sekeres te gee. Laat daar geen twyfel bestaan oor die werklike plan!
ek wil weet wat Metupi “semi-aktiewe eenhede” gaan produseer?
n GROOT gemors,”sleg ontwerp en gebou”…dis net of jy het beplan en betaal vir n Bentley maar maak n ontwerp vir n Toyota Corolla en bou dan n Tata……Nooit sal jy dan later van hier die Tata weer n Bentley gaan maak,al gooi jy daar biljoene teen aan…
Julle is USELESS!!!!!!!!!!
Eskom en die woord plan in dieselfde sin? Eish! Rerig?
Eskom wil die twee peperduur halfgebakte kragstasies met nog miljarde Rande “Bolwerk”. Hul pik rond soos koplose werfhoenders! Al hoop wat hul het om dit reg te kry is die hoop waarin in hul weer gaan trap, en dit gaan nie lekker ruik nie. Dit is die bollie wat hul help aanjaag het waarop hul hoop vestig! Ek hou van ‘n dwergie wat n deurwinterde plan kan uitdink om die reuse uitdaging om die beurt met krag te takel! He-he-he.
Sedert 1004 was daar nog nooit n plan in staats instansues nie want almal sê elke jaar ons is onder kapasiteit so wie beplan of kan beplan.Waar kfy Eskom nou die skielike intellek vandaan.Ek wonner maar net.