Só lyk Februarie se brandstofpryse

Argieffoto

Motoriste sal in Februarie minder betaal vir alle brandstofsoorte, maar die grootste wenners is dié wie se motors van petrol gebruik maak.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het Maandag brandstofpryse vir Februarie bekendgemaak. Nuwe petrolpryse sal van middernag op Woensdag 5 Februarie geld. Volgens die minister het brandstofpryse afgeneem weens ʼn daling in die olieprys en ʼn daling in die internasionale prys van petrol.

Motoriste sal nou vyf sent per liter minder betaal vir diesel, en paraffien sal drie sent per liter goedkoper wees. Motoriste wat petrol gebruik (93- én 95-oktaan) sal ʼn volle 13 sent per liter minder betaal. Dié pryse is effens goedkoper as wat aanvanklik gehoop is.

“Die prys van petrol word maandeliks aangepas, gegrond op verskeie internasionale en plaaslike faktore, soos die feit dat ons Brent-ruolie invoer teen ʼn prys wat internasionaal bepaal word,” sê Mantashe. Die gemiddelde prys van Brent-ruolie het afgeneem van 67,31 tot 64,24 Amerikaanse dollar. Die afname volg op die afname in vraag na olie, weens ʼn reisverbod in China as gevolg van die koronavirus.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SomeOne ·

Dankie vir die 13c per liter
5 Feb 2020 bring kom dit af met 13c per liter en dan Maart 2020 gaan dit weer op met 25c per liter, ons almal val vir die grappie
As dit met R5.00 per liter afgekom het, sou dit baie meer hoop gegee het

Woeter ·

Mense moet ook onthou dat inbereken in die brandstof prys is ook 3de party versekering van die Regering se Road Accident Fund. Wat ek self moet se nogal slim idee is.

Die afname in vraag dink ek gaan miskien meer oor onlangse gebeure by Suadi Aramco, maar nou ja sal maar sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.