Só lyk Jan Taks se voorlopige syfers

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het R66,2 miljard minder ingesamel as waarvoor begroot is.

Die SAID het Woensdag sy voorlopige syfers bekend gemaak en volgens die syfers het Jan Taks in die jaar tot einde Maart R1 356 miljard ingesamel.

ʼn Netto bedrag van R1 647,8 miljard is ingesamel waarvan R291,9 miljard van individue en maatskappye.

Die R1 356 miljard is R68,2 miljard (5,3%) meer as in die 2018-’19-boekjaar.

Die SAID se grootste bron van belastinginkomste is individue. Belastingbetalers het die afgelope boekjaar R528,9 miljard (39%) bygedra, terwyl belasting op toegevoegde waarde (BTW) R346,6 miljard (25,6%) bygedra het.

Maatskappye het R214,7 miljard (15,8%) se belasting betaal en invoertariewe het R55,4 miljard (4,1%) beloop.

Volgens die SAID het die relatiewe bydrae van hoofbelasting tot die totale belastinginkomste verander met ’n toenemende afhanklikheid van persoonlike inkomstebelastinginkomste, hoofsaaklik as gevolg van belastingbeleidsveranderings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

So indien daar so swaar gesteun word op individuele belasting sien ek maar ‘n styl pad vir SARS soos werkloosheid toeneem!

Maria

Ontsaglike bedrae. Dit laat mens wonder wat die effek op uitgawes gaan wees 2020. Rommelstatus, werkloosheid en pandemies is nie die enigste probleme wat gaan opduik nie

Jerry

Die minderheid dra by tot die belastings poel, sal nooit volhoubaar wees nie. Rommelstatus nog net die begin….