Só lyk jongste beurtkragskedule

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Parker Coffman/Unsplash)

Eskom het Dinsdag weer die beurtkragskedule aangepas en fase 5-beurtkrag sal later vandag geld, gevolg deur fase 4.

Die kragvoorsiener sê fase 5-beurtkrag sal Dinsdag om 16:00 ingestel word en tot Woensdag om 05:00 duur. Daarna sal fase 4 tot 16:00 inskop.

“Hierdie skedule sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing.”

In hierdie stadium is opwekkingskapasiteit van 18 177 MW nie beskikbaar nie, terwyl 2 629 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Oor die afgelope 24 uur is ʼn opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Kriel-, Majuba-, Medupi- en Tutuka-kragstasie weer aanlyn gebring.

Terselfdertyd het ʼn opwekkingseenheid elk by die Arnot-, Camden- en Tutuka-kragstasie onklaar geraak, terwyl nog twee by die Kriel-kragstasie onklaar geraak het.

Opwekkingseenhede by die Arnot-, Kendal-, Kriel-, Lethabo-, Matla- en Tutuka-kragstasie en twee by die Hendrina-kragsentrale is nog nie weer aanlyn gebring nie en dit dra by tot die huidige beperkings in kapasiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanEtz ·

Ek het járe gelede ñ fliek saam met my kinders gekyk “NEVER-ENDING-STORY”….
Dis nou dieselfde deuntjie by EKSDOM…AI

domheks ·

Neem EEN kragstasie en doen ALLES wat nodig is. Nou lyk dit of julle spring van een foutjie na die ander en NIKS word VOLLEDIG gedoen nie!

Jabez ·

Ek stel voor Escom sit al die krag af en laat weet ons as hulle dit aan sit. Dit sal dalk makliker wees…

SWAREB1962 ·

En al die Ministers se gratis krag.
Hul moet ophou krag aan Botswana en buur landed verkoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.