Só lyk jongste Covid-19-statistiek in SA

Johannesburg (13 April 2020) (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

Die getal gevalle van Covid-19 het die afgelope 24 uur met 99 gevalle toegeneem in Suid-Afrika.

Altesaam 2 272 persone het tot dusver positief getoets vir die koronavirus en 410 mense het van die virus herstel.

Twee sterftes is die afgelope 24 uur aangemeld, naamlik ʼn 68-jarige man in die Wes-Kaap het ʼn 57-jarige man in Gauteng. Dit bring die dodetal op 27 te staan.

Minstens 83 663 toetse is reeds in Suid-Afrika gedoen.

Die Nasionale Instituut vir Oordraaglike Siektes (Nios) het die provinsiale verspreiding soos volg bevestig:
Gauteng – 890
Wes-Kaap – 617
KwaZulu-Natal – 465
Oos-Kaap – 104
Vrystaat – 96
Limpopo – 23
Mpumalanga – 22
Noordwes – 22
Noord-Kaap – 16
Provinsie onbekend – 17

Volgens die Johns Hopkins-universiteit is daar wêreldwyd reeds 1 883 119 gevalle aangemeld met 117 569 sterftes.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Grassie ·

In ons land is die syfers stadig maar seker besig om te klim en ek dink die ergste lê nog voor. Ek hoop ek is verkeerd. As die “lockdown” nog ‘n keer verleng moet word kan dit ernstige gevolge inhou. As die peoples honger is gaan hulle doen wat honger mense doen – gaan vat eenvoudig waar daar kos is. Dit het reeds op klein skaal begin gebeur. Miskien lê daar vir ons moeilike tye voor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.