Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 994 911 gevalle is tot dusver bevestig met 11 551 nuwe gevalle sedert die vorige verslag. Minstens 6 415 824 toetse is reeds gedoen, waarvan 37 817 nuwe toetse sedert die vorige verslag afgehandel is.

Nog 245 sterftes (118 in die Oos-Kaap, 12 in Gauteng, 57 in KwaZulu-Natal, 3 in Mpumalanga en 55 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 26 521 te staan.

Minstens 839 194 persone het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap16598816.7
Vrystaat616856.2
Gauteng27250427.4
KwaZulu-Natal18025018.1
Limpopo223922.3
Mpumalanga347233.5
Noordwes384043.9
Noord-Kaap247912.5
Wes-Kaap19417419.5
Totaal994911100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap6802150665
Vrystaat215254455
Gauteng5317244198
KwaZulu-Natal3958132638
Limpopo54319136
Mpumalanga63832126
Noordwes57734376
Noord-Kaap37222078
Wes-Kaap6162149522
Totaal26521839194

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.