Suid-Afrika het nou meer as 1 231 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 17 421 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 231 597 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 33 163 nadat nog 339 sterftes aangemeld is: 77 in die Oos-Kaap, 19 in die Vrystaat, 28 in Gauteng, 71 in KwaZulu-Natal, 14 in Limpopo, 10 in Mpumalanga, sewe in die Noord-Kaap en 113 in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 966 368 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 78,4%.
Suid-Afrika het tot dusver 7 183 893 toetse vir Covid-19 gedoen, 63 046 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 180 689 | 14,7% |
Vrystaat | 66 760 | 5,4% |
Gauteng | 333 842 | 27,1% |
KwaZulu-Natal | 252 115 | 20,5% |
Limpopo | 37 197 | 3% |
Mpumalanga | 45 894 | 3,7% |
Noordwes | 46 451 | 3,8% |
Noord-Kaap | 27 648 | 2,2% |
Wes-Kaap | 241 001 | 19,6% |
Totaal | 1 231 597 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 8 739 | 165 060 | 6 890 |
Vrystaat | 2 295 | 56 172 | 8 293 |
Gauteng | 6 170 | 281 400 | 46 272 |
KwaZulu-Natal | 5 241 | 154 240 | 92 634 |
Limpopo | 677 | 26 453 | 10 067 |
Mpumalanga | 707 | 37 370 | 7 817 |
Noordwes | 703 | 35 741 | 10 007 |
Noord-Kaap | 444 | 23 529 | 3 675 |
Wes-Kaap | 8 187 | 186 403 | 46 411 |
Totaal | 33 163 | 966 368 | 232 066 |

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Welkom terug – dis soos ‘n nuwe seisoen. Aan die bedenklike statistiek kan weinig gedoen word!
Kan iemand vir my verduidelik hoe die “aktiewe gevalle” bepaal word? Duimsuig?
Maroela se kommentaar was 3 weke gesluit, gaan kyk gerus wat die stats toe was. Daar is intussen 340000 meer gevalle, meer as 8000 sterftes, 34% meer, en dit is nog lank nie die einde nie. Ek weet die kommentaar gaan wees “ons glo nie die syfers nie, die regering is korrup” maar in die buiteland ervaar ons presies dieselfde stygings. Kyk na die VSA, Kanada,UK, Duitsland ens. Mense, al die lande lieg nie net om deel te wees van een groot komplot nie. Hou op om mense te vertel die virus versprei nie in die somer nie, want dit… Lees meer »