Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 463 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 4 058 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 1 463 016 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 45 344 nadat nog 398 sterftes aangemeld is: 46 in die Oos-Kaap, 12 in die Vrystaat, 97 in Gauteng, 138 in KwaZulu-Natal, agt in Limpopo, 21 in Mpumalanga, nege in die Noord-Kaap en 67 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 323 680 mense reeds van die virus herstel, dit is ’n herstelkoers van 90,5%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 369 287 toetse vir Covid-19 gedoen, 39 596 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap192 33013,1%
Vrystaat76 8275,3%
Gauteng390 89026,7%
KwaZulu-Natal317 82421,7%
Limpopo58 5734%
Mpumalanga66 0484,5%
Noordwes57 6483,9%
Noord-Kaap32 1842,2%
Wes-Kaap270 69218,5%
Totaal1 463 016100%

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap10 827178 9492 554
Vrystaat2 77465 1698 884
Gauteng8 437373 7268 727
KwaZulu-Natal8 869266 90742 048
Limpopo1 41154 0113 151
Mpumalanga1 01861 4593 571
Noordwes96648 9607 722
Noord-Kaap59527 6993 890
Wes-Kaap10 447246 80013 445
Totaal45 3441 323 68093 992

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaco ·

Herstelkoers is 90,5% maar kerke bly vir alle praktiese doeleindes toe. 50 mense wat wel toegelaat word beteken niks. Ek kan verstaan dat inperking se GROOT sekondêre doel die ruïnering van wit besighede is, want wit mense moet mos maar permanent vir apartheid “gestraf” word. Watse skuld het die kerke egter aan apartheid? Sluit dan net dié wat dekades gelede apartheid uit die Bybel geregverdig het, as hulle skulderkenning blykbaar nie goed genoeg was nie. Maar asseblief geagte ANC, laat ander kerke tog net normaal aangaan.

Spyker ·

Statistiek is onbetroubaar. Min sterftes as gevolg van natuurlike oorsake word aangemeld.

Dirk Mostert ·

53 Sterftes in Gibraltar binne 10 dae na Pfizer-inenting (fromrome.info/2021/01/29). 21 Sterf in ouetehuis in Como, Italie na Pfizer-inenting (fromRome.info/2021/01/30).Teen 22 Januarie was totale inenting-verwante sterftes 329 (CDC Vaccine Adverse Event Reporting System).

Anti-Verkramp ·

Hoeveel dermiljoene mense is tot dusver ingeent sonder probleme? Enige medikasie dra ‘n risiko en as dit aan ‘n risko-groep toegedien word, verhoog die risiko.

Thom ·

Het jy die voordele opgeweeg teen die moontlike komplikasies INDIEN dit ooit reg gerapporteer is ?

Thom ·

” The Gibraltar Health Authority can confirm that there is no evidence at all of any causal link between these six deaths and the inoculation with the Pfizer vaccine”, the press release said. “Statements to the contrary on social media are entirely untrue.”

Pietertjie ·

Die syfers is baie goed in vergelyking met die infeksie- en mortaliteit-syfers van Tuberkulose waarvoor daar geen inperking-maatreëls is nie.

lekkerdink ·

Iemand se nou vir my dat daar kubaanse entstof op OR TAMBO staan . weet iemand dalk iets meer. ons praat nou nie van die weermag se tjol nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.