Só lyk jongste Covid-19-statistieke  

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 484 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 488 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 484 900 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 47 382 nadat nog 237 sterftes aangemeld is: 46 in die Oos-Kaap, 25 in die Vrystaat, 82 in Gauteng, 36 in KwaZulu-Natal, 12 in Limpopo, 19 in Mpumalanga en 17 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 377 980 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 92,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 605 729 toetse vir Covid-19 gedoen, 32 265 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap193 14613%
Vrystaat78 2475,3%
Gauteng396 56026,7%
KwaZulu-Natal323 15821,8%
Limpopo60 2704,1%
Mpumalanga68 1254,6%
Noordwes59 0044%
Noord-Kaap32 8622,2%
Wes-Kaap273 52818,4%
Totaal1 484 900100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 074179 9842 088
Vrystaat2 94167 6337 673
Gauteng8 949380 6216 990
KwaZulu-Natal9 246293 37020 542
Limpopo1 62956 7011 940
Mpumalanga1 15264 6772 296
Noordwes1 02752 7605 217
Noord-Kaap61328 7073 542
Wes-Kaap10 751253 5279 250
Totaal47 3821 377 98059 538

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Casper ·

Hoe akkuraat en betroubaar is die statistieke? Word statistiek gemanupileer om die regulasies te laat goed lyk en die regering te paai.

Ilze ·

Hoe meer die regering die uitrolling van inentings opneuk hoe hoër is die herstelkoers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.