Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 487 681 gevalle is tot dusver bevestig met 8 641 447 toetse wat reeds gedoen is, waarvan 35 718 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is.

Nog 288 sterftes (26 in die Oos-Kaap, 24 in die Vrystaat, 166 in Gauteng, 23 in KwaZulu-Natal, 4 in Limpopo, 16 in Mpumalanga, 7 in die Noord-Kaap en 22 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 47 670 te staan.

Minstens 1 383 626 (93%) persone het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19322313.0
Vrystaat784095.3
Gauteng39725926.7
KwaZulu-Natal32383921.8
Limpopo605084.1
Mpumalanga684224.6
Noordwes591564.0
Noord-Kaap329522.2
Wes-Kaap27391318.4
Totaal1487681100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap111001806861437
Vrystaat2965678057639
Gauteng91153817476397
KwaZulu-Natal926929561318957
Limpopo1633569851890
Mpumalanga1168652252029
Noordwes1027528165313
Noord-Kaap620287463586
Wes-Kaap107732540039137
Totaal47670138362653685

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deon

As my somme reg is, dan is daar nou 104 055 mense wat die virus onder lede het, elke aand gaan slaap 14 miljoen Suid Afrikaners honger. Gaan doen gerus die navorsing. Balanse sal ernstig na gekyk moet word

Elize

Slegs 53,000 aktiewe gevalle uit n bevolking van 58miljoen. Hoe regverdig hulle n level 3 lockdown hiervoor. Ouetehuise gesluit, ons mag nie ons mense besoek nie. Hulle mag nie eens uit hulle kamers gaan en in die gange beweeg nie, Geen dokters afsprake nie want dis level 3 en hulle mag nie uitgaan nie. Nee DA, maak asb bietjie julle stemme dik, julle sit en slaap terwyl baie mense onnodig ly agv hiervan.