Só lyk jongste Covid-19-statistieke    

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1,5 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle met 1 911 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 1 500 677 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 48 859 nadat nog 151 sterftes aangemeld is: 12 in die Oos-Kaap, 21 in die Vrystaat, 43 in Gauteng, 40 in KwaZulu-Natal, een in Limpopo, agt in Mpumalanga en 26 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 406 907 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 838 937 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 638 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap193 59712,9%
Vrystaat79 1615,3%
Gauteng401 21926,7%
KwaZulu-Natal326 36221,7%
Limpopo61 2604,1%
Mpumalanga69 8274,7%
Noordwes60 0944%
Noord-Kaap33 4342,2%
Wes-Kaap275 72318,4%
Totaal1 500 677100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 201181 771625
Vrystaat3 06069 0987 003
Gauteng9 435386 7405 044
KwaZulu-Natal9 440301 76415 158
Limpopo1 78558 2061 269
Mpumalanga1 22166 9361 670
Noordwes1 05754 8174 220
Noord-Kaap65030 0582 726
Wes-Kaap11 010257 5177 196
Totaal48 8591 406 90744 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Volgens berigte kom die pandemie wat dreig in die Kongo ooreen met die pessiekte van die 14de eeu wat 100% meer aansteeklik is as die huidige Corona19. Deur selfs net te raak aan kledingstukke van sulke siekes is genoeg om jou eie dood te verseker. Geen mooi tabelle en grafieke sal in so ‘n tyd die lig sien met die chaos wat dan sal heers nie. Ons moet ons grense sluit en alle gate toestop want die toeloop hierheen hou groot gevaar in.

Jan ·

Daar word met syfers gespeel om mense te beheer en manipuleer terwyl geen onderskeid tussen “dood weens covid” en “dood met covid” gemaak word nie. Die meeste mense weet nie eens dat daar ‘n verskil is nie.

Anti-Verkramp ·

Die feit dat duisende mense moontlik aan Covid dood is sonder dat hulle ooit getoets is, balanseer dinge uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.