Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 513 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 168 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 513 393 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 49 993 nadat nog 52 sterftes aangemeld is: vier in die Oos-Kaap, vier in die Vrystaat, 25 in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal en 17 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 430 259 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,5%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 077 479 toetse vir Covid-19 gedoen, 22 836 sedert die vorige verslag.

Meer as 70 000 gesondheidsorgwerkers is teen 19:30 Sondag reeds teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap193 89512,8%
Vrystaat80 0655,3%
Gauteng404 63926,7%
KwaZulu-Natal329 16321,8%
Limpopo61 9534,1%
Mpumalanga71 0834,7%
Noordwes60 9254%
Noord-Kaap34 0022,2%
Wes-Kaap277 66818,3%
Totaal1 513 393100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 290182 194411
Vrystaat3 25070 3286 487
Gauteng9 678391 4793 482
KwaZulu-Natal9 610309 8199 734
Limpopo1 88959 127937
Mpumalanga1 26268 6501 171
Noordwes1 16757 4502 308
Noord-Kaap68030 8792 443
Wes-Kaap11 167260 3336 168
Totaal49 9931 430 25933 141

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.