Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto:
Alexas_Fotos/pixabay)

Meer as 10 000 mense is reeds aan Covid-19 in Suid-Afrika dood.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bevestig dat 553 188 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 10 210 nadat nog 301 sterftes aangemeld is: 39 in die Oos-Kaap, 23 in Gauteng, 154 in KwaZulu-Natal, 22 in die Wes-Kaap, 21 in Noordwes, vyf in die Noord-Kaap en 37 in Limpopo.

Tot dusver het 404 568 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 73%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 220 265 toetse vir Covid-19 gedoen, 36 607 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap82 04714,8%
Vrystaat27 7425%
Gauteng190 99934,5%
KwaZulu-Natal95 64817,3%
Limpopo10 3451,9%
Mpumalanga18 7343,4%
Noordwes21 6423,9%
Noord-Kaap6 3661,2%
Wes-Kaap99 58818%
Onbekend500%
Totaal553 188100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2 12974 941
Vrystaat35012 155
Gauteng2 547139 745
KwaZulu-Natal1 34654 161
Limpopo1277 813
Mpumalanga13914 257
Noordwes13011 923
Noord-Kaap663 158
Wes-Kaap3 37686 415
Totaal10 210404 568

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter ·

Praat julle klomp wat nie kan tel nie. Glo niks meer wat julle klomp komuniste se nie. Mense sterf van ander oor sake maar dan se julle dit is covid. Julle dink ons het julle mentaliteit

Strandloper ·

Age nee Maroela….begin asb die berig op n ander toon, die aanhalings van die kader dr raak nou regtig n steen des aanstoots. Dit wil voorkom asof julle aan sy lippe hang en alles vir soetkoek op eet. Die res van julle berigte is regtig puik verby. Dankie.

Pieter ·

Behalwe vir bejaardes is dit my meestal mense wat sieklik is deur hul eie toedoen (rokers en vreeslik oorgewig) wat sterf van die virus. Waarom moet 95% plus van wêreld bevolking ly a.g.v. die klein minderheid wat nie respek het vir hulself nie?

Persheks Adri ·

Ons rokers lewe nog! Weet nie hoekom jy altyd aan gaan oor ons rokers nie. Ons klim nie in jou karakter nie Pieter

penny ·

Pieter, hou op ander oordeel! Dis nie oor gewig mense of rokers wat enige deel aan die regulasies het nie. Nie een het aangesit by die besluit nie!!

Marius ·

Pieter op hierdie punt moet ek jou antwoord en Langenhoven aanhaal wat gese het soms moet n mens net stilbly dat die mense dink jy is dom, want indien jy praat kan hulle sien en hoor dat jy dom is. Ek persoonlik het hierdie virus gehad en het by die dood omgedraai. Persoonlik is ek baie gesond, bloeddruk 100% normaal, geen suiker, colestrol of glad nie oorgewig nie, inteendeel oor die ou ses voet lank en 65kg, dit is maar. Ek rook nie, eet gesond en pas my op. Ek het dit opgedoen deurdat mense soos jy dink almal lieg en bedrieg ons en dan trefhulle nie voorsorg nie. Gaan lees bietjie oor die ding en sien hoe gevaarlik dit regtig is. Dan doen jy wat goed is vir jou en jou familie. Ek glo ook nie alles wat die mense vir ons wil wysmaak nie maar ek het kennis van hierdie virus en weet nou of hulle lieg en bedrieg of nie. Mooiloop en pas jou op, die ding is soos n “Lucky Packet” Jy weet nie wat jy kry nie.

Piet Pompies ·

en tog volgen BATSA se navorsing is net 0,02% van die dodetal rokers – so kry eers jou feite reg asb

Renee ·

Al hoe die regering die getalle gaan verminder is om nie toe te laat dat taxis 110% gelaai is nie. Almal word gestraf maar die taxi bedryf is al een wat 100% kan bedryf. Regering is baie bang vir hulle.

Deon ·

Is dit nie juis wat hulle doelwit is nie? Hoe meer mense “siek” is, hoe langer kan hulle die pandemie rek.

Mudguard ·

Nou wonder ek wie en waar word die mense weer getoets om te sien of hulle herstel het. Of is ek net te onosel om te verstaan?

Marius ·

Leon, nee, jy word nie weer getoets nie. Die rede: die virus het n protieien basis en die oorspronklike toets soek daardie protieien. Na die virus dood is is daardie protieien nog steeds in jou bloed en sal jy weer positief toets, alhoewel jy gesond is. Dit is soos wat ek dit verstaan

Karlahari ·

Sterte syfer in WesKaap 3.38% van gevalle.
Oos Kaap 2.6%
Gauteng 1.33%…….
Is dit oor die dood sertifikate wat in Gauteng uitgereik is sê “Rede van dood: Natuurlike oorsake” by n pasiënt wat vir Covid behandel is?
As jy die ANC nie met geld kan vertrou hoe kan jy hulle vertrou met akkurate data?

Jaco ·

Is die ekonomiese herstelkoers ook 73%?
Kort na inperking begin het, het ramaphosa hard gepraat oor hoe kwaai ongelykheid in SA is en dat wit mense se sterk rol in die ekonomie moet stop. So wit besighede wat weens inperking bankrot speel en wit werkers wat hulle werk verloor, is seker te verwagte en seker wat die ANC wil hê. MAAR, wat van swart besighede? Hulle eienaars en werkers se velkleur en BEE is dan klaar reg. Waarom word hulle dan ook “gestraf” as hulle nie skuldig is aan die “misdaad” van apartheid nie. Weet die ANC ook dat, terwyl hulle lekkerkry oor wit besighede wat vou, VERLOOR daardie besighede se swart werkers hulle werk? Iets maak nie sin nie.
Nog iets: is inperking die nuwe normaal? Is toe gimnasiums, toe kerke, GEEN kuier by familie en vriende, geen interprovinsiale reis, dra van maskers en lang toue mense by winkels alles dinge wat permanent, vir jare, so gaan bly?

Tong in die kies ·

Graag wil ek iets interesant met ons lesers deel. Ek my dogter en skoonseun bly in een huis. Ek is ‘n asma leier. My dogter tel covid op by haar werk en ons kry dit ook. Ek het 1 dag seer keel gehad en my smaak was weg vir so paar dae. Maar die hoofpyne bly. My skoonseun het geen symtome behalwe hoofpyn.
My dogter kry dit erg. Sukkel met asemhaling, geen smaak, erge hoofpyn sy beland in hospitaal. Daar word sy gediagnoseer met pneumonia. Na n paar dae se suurstof en kortisoon behandeling word sy ontslaan.
By die huis behandel ek haar nog steeds met suurstof en kortisoon inhalasie.
Weer is sy terug hospitaal toe, maar die keer vir bloedklonte in haar longe, haar 2de covid toets kom negatief terug.
My punt is dus. Nie eens die dr’s weet rerig wat om te verwag met die covid nie. Want nie een persoon is dieselfde nie.
Hierdie virus is beslis nie kinderspeletjies soos ek aanvanklik gedink het nie.

Jan ·

Dit is duidelik dat hulle die toetstempo verhoog het om die aantal gevalle “beter” te laat lyk maar desnieteenstaande en ten spyte van al die maatreëls wat immuniteit aftakel, word die afwaartse tendens al hoe meer prominent. Die punt is dat daar nooit regverdiging was vir die drakoniese inperkingsmaatreëls nie en dat alle beperkings lank reeds opgehef moes word. Hierdie maatreëls gaan BAIE meer (syfers dui op 30 x meer) sterftes as die virus veroorsaak. Maar hieroor swyg die media en die regering.

Piet Pompies ·

Ja skielik is kanker, HIV en gewone griep genees – jy ry in ‘n boom vas en dan kry de virus die skuld want sien di eregering kry geld vir elke geval wat aangemelt word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.