Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Foto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 537 852 mense het tot dusver positief getoets uit 9 635 287 toetse wat reeds gedoen is (waarvan 24 025 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is).

Nog 29 sterftes (1 in die Oos-Kaap, 1 in die Vrystaat, 5 in Gauteng, 7 in KwaZulu-Natal, 3 in Mpumalanga en 12 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 52 111 te staan.

Minstens 1 463 089 mense (95%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19488612.7
Vrystaat821655.3
Gauteng41142826.8
KwaZulu-Natal33294521.7
Limpopo628924.1
Mpumalanga738354.8
Noordwes628564.1
Noord-Kaap356222.3
Wes-Kaap28122318.3
Totaal1537852100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11340183308238
Vrystaat3562769341669
Gauteng101333986562639
KwaZulu-Natal100583166016286
Limpopo208360102707
Mpumalanga1334714681033
Noordwes1388590552413
Noord-Kaap794321732655
Wes-Kaap114192647925012
Totaal52111146308922652

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Strandloper ·

Steeds scary! Ek glo in my gummy berry juice dit gee my ten minste gemoedsrus en basta met die ander brousels. (HOCl)

Jan ·

Die storie word nou ‘n hartseer sirkus waarin die “beskermingsmaatreëls” volgens die oorwoë uitsprake van die wetenskaplikes by PANDATA en andere minstens dertigmaal meer skadelik as die oorsaak is. Dit moet nou ent kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.