Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 558 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 931 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 1 558 458 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 53 322 nadat nog 66 sterftes aangemeld is: 15 in die Vrystaat, ses in Gauteng, 35 in Noordwes en 10 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 483 296 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 138 936 toetse vir Covid-19 gedoen, 23 013 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap195 66812,6%
Vrystaat84 5675,4%
Gauteng417 35126,8%
KwaZulu-Natal335 11921,5%
Limpopo63 4304,1%
Mpumalanga76 1714,9%
Noordwes64 8314,2%
Noord-Kaap37 0532,4%
Wes-Kaap284 26818,2%
Totaal1 558 458100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 374184 029265
Vrystaat3 73779 2071 623
Gauteng10 424404 5742 353
KwaZulu-Natal10 270318 9695 880
Limpopo2 24360 934253
Mpumalanga1 36774 035769
Noordwes1 56160 6362 634
Noord-Kaap84033 1223 091
Wes-Kaap11 506267 7904 972
Totaal53 3221 483 29621 840

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kobus

As dit wat tans aan die gebeur is in die buiteland enigsins n aanduiding is van wat gaan kom is COVID ongelukkig nog ver van klaar. By ons is die getal nuwe gevalle meer as ooit vantevore. Die meeste mense ouer as 65 het die vaccine reeds ontvang en dit blyk te werk. Die jonger mense wat nog nie die vaccine ontvang het nie maak die grootste getalle op van nuwe infeksies. Die UK en Brasilie variant is tans die mees aansteeklikste. Die hospitaal en ICU gevalle is baie hoog en plaas baie druk op die hospitale en werkers. Die… Lees meer »

gehasie

Vir ‘n organisasie wat geen vertroue wek wanneer dit by ‘n tellery kom nie steek hulle darm hul nekke vêr uit! Dink ons moet ook strate toe soos in Europa en VK. Kan on saam met hierdie statestieke dit voortdurende vergryp aan korrupsie meegedeel word!?