Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 568 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 853 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 568 366 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 53 887 nadat nog 130 sterftes aangemeld is: 11 in die Oos-Kaap, sewe in die Vrystaat, 11 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, vyf in Limpopo, drie in Mpumalanga, 34 in Noordwes, 13 in die Noord-Kaap en 41 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 494 630 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 379 089 toetse vir Covid-19 gedoen, 23 893 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap195 87812,5%
Vrystaat86 2025,5%
Gauteng420 06826,8%
KwaZulu-Natal335 85021,4%
Limpopo63 6084,1%
Mpumalanga77 1664,9%
Noordwes66 0234,2%
Noord-Kaap38 1832,4%
Wes-Kaap285 38818,2%
Totaal1 568 366100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 465184 212201
Vrystaat3 79280 2052 205
Gauteng10 536406 8282 704
KwaZulu-Natal10 341319 9225 587
Limpopo2 25661 094258
Mpumalanga1 38874 924854
Noordwes1 66661 7562 601
Noord-Kaap87133 9543 358
Wes-Kaap11 572271 7352 081
Totaal53 8871 494 63019 849

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anton ·

Die gevalle in die Oos Kaap is so laag agv die effektiewe toepassing van regeringsbeleid:-)

Pietertjie ·

Die syfers is nogal laag, gegewe die onbeholpenheid en agtergebewendheid van die regering en sy mense

annie ·

Sè asseblief waarom die Russiese entstof nie hier gebruik word nie, of is daar grootskaalse afpersing deur Westerse farma dat afslag nie beding sal word as Rusland ook meeding nie? Wat sè dit? Gaan die hele entstofsirkus dan bloot oor groot geldmaak en kan mense maar sterf weens allerhande newe-effekte solank die big chief sitting bull se geldlaai swel?

Jaco ·

Dis darem al baie lank dat die herstelkoers staan en staan en staan op 95%. So kan mens dié Corona syfers glo?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.