Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 669 200 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 614 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 669 231 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 56 601 nadat nog 95 sterftes aangemeld is: drie in die Oos-Kaap, 27 in die Vrystaat, 44 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, sewe in die Noord-Kaap en nege in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 563 719 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 667 916 toetse vir Covid-19 gedoen, 36 677 sedert die vorige verslag.

‘n Totaal van 479 768 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Meer as 565 300 mense is reeds tydens die tweede fase ingeënt.

Provinsiale statistieke:

Provinsie Gevalle Persentasie
Oos-Kaap 197 900 11,9%
Vrystaat 101 856 6,1%
Gauteng 459 911 27,6%
KwaZulu-Natal 340 037 20,4%
Limpopo 65 457 3,9%
Mpumalanga 82 651 5%
Noordwes 76 311 4,6%
Noord-Kaap 51 041 3,1%
Wes-Kaap 294 067 17,6%
Totaal 1 669 231 100%

Sterftes en persone wat herstel het:

Provinsie Sterftes Herstel Aktiewe gevalle
Oos-Kaap 11 664 185 461 775
Vrystaat 4 369 89 409 8 078
Gauteng 11 268 432 939 15 704
KwaZulu-Natal 10 515 325 180 4 342
Limpopo 2 461 62 298 698
Mpumalanga 1 452 79 716 1 483
Noordwes 1 933 68 466 5 912
Noord-Kaap 1 119 41 653 8 269
Wes-Kaap 11 820 278 597 3 650
Totaal 56 601 1 563 719 48 911

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jakes

Wanneer word die agbare minister afgedank?