Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 669 200 bevestigde Covid-19-gevalle met 3 614 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 669 231 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 56 601 nadat nog 95 sterftes aangemeld is: drie in die Oos-Kaap, 27 in die Vrystaat, 44 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, sewe in die Noord-Kaap en nege in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 563 719 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,7%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 667 916 toetse vir Covid-19 gedoen, 36 677 sedert die vorige verslag.

‘n Totaal van 479 768 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Meer as 565 300 mense is reeds tydens die tweede fase ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap197 90011,9%
Vrystaat101 8566,1%
Gauteng459 91127,6%
KwaZulu-Natal340 03720,4%
Limpopo65 4573,9%
Mpumalanga82 6515%
Noordwes76 3114,6%
Noord-Kaap51 0413,1%
Wes-Kaap294 06717,6%
Totaal1 669 231100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 664185 461775
Vrystaat4 36989 4098 078
Gauteng11 268432 93915 704
KwaZulu-Natal10 515325 1804 342
Limpopo2 46162 298698
Mpumalanga1 45279 7161 483
Noordwes1 93368 4665 912
Noord-Kaap1 11941 6538 269
Wes-Kaap11 820278 5973 650
Totaal56 6011 563 71948 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jedi Knight ·

En dan? Vervang hom met n ewe korrupte minister? Of is jy ook een van daai wat dink daar is nie-korrupte mense in die ANC se top?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.