Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 796 500 bevestigde Covid-19-gevalle met 10 510 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Vrydagaand bevestig dat 1 796 589 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 20,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (66%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (8%), KwaZulu-Natal (5%) en Noordwes (5%). Die totale aktiewe gevalle is 105 966.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 58 441 nadat nog 118 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 632 182 mense reeds van die virus herstel, ‘n herstelkoers van 90,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 12 435 256 toetse vir Covid-19 gedoen, 51 301 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 1 510 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 9 255 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

’n Totaal van 2 069 346 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap334201 668
Vrystaat379109 414
Gauteng6 969536 848
KwaZulu-Natal553345 659
Limpopo27868 658
Mpumalanga31587 460
Noordwes56785 090
Noord-Kaap28556 124
Wes-Kaap830305 668
Totaal10 5101 796 589

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap11 729187 287
Vrystaat4 64094 997
Gauteng11 981471 634
KwaZulu-Natal10 606327 030
Limpopo2 51764 208
Mpumalanga1 49582 996
Noordwes2 14872 946
Noord-Kaap1 29846 946
Wes-Kaap12 027284 138
Totaal58 4411 632 182

 

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Domeritus Danie

STATISTIEK RE KORONAVIRUS INFEKSIES Is dit nie logies dat die digsbevolkte dele van enige land of provinsie ook die meeste gevalle sal oplewer nie? Dit maak myns insiens baie meer sin om sodanige statistiek eerder as ‘n persentasie van elke provinsie – in die Ruwe (sic!) SA – se geskatte inwonersgetal weer te gee! Terloops: Hoekom hoor ons (byna) glad nie meer van die aantal of persentasie ANDER “gewone” of “buitengewone / onnatuurlike ” sterfgevalle soos bv. a.g.v. motorongelukke en plaasmoorde nie? Vergelykende statistiek in die verband behoort baie interessante leesstof te wees, nie waar nie? Of is dit nie… Lees meer »

Oom Kaspaas

Ek verstaan nie 9255 mense wat in hospitale behandel word, maar volgens berugte is alle hospitale onder druk, oral probleem met beskikbare beddens …. Wil julle vir my sê in die hele SA is daar net 10 000 beskikbare hospitaal beddens. Ek wonder ….. al die ekstra veld hospitale en ekstra beddens wat ins plek gesit is verlede jaar …. dis dan waarmee hulle level 5 lockdown regverdig het

Oom Hennie Pennie

Ja, die herstelkoers is meer as 90%. Tien jaar terug het daar ook elke winter mense dood gegaan van griep, brongitus en long ontsteking, nou word dit net covid genoem. Kan ons statistieke kry van HIV en TB sterftes ook asseblief.

Jaco

Dié corona syfers in die derde golf moet waarlik reg wees, want dis die hoogste in nogal ‘n ANC-beheerde provinsie; nie weer die DA-beheerde Wes-Kaap nie. Nog ‘n rede waarom die huidige Corona syfers reg moet wees, is dat dit winter is, so dis in elk geval te koud om Wes-Kaapse strande te gebruik. Strande sluit is dus onnodig. Maar wees maar voorbereid op Desember vanjaar: dan is die Wes-Kaap weer skielik, sommer oornag, in ‘n hemelhoë vierde golf, en word strande gesluit en wit toeristebesighede aan die kus word van hulle beste inkomste van die jaar ontneem. Net 10%… Lees meer »

Jan

Die bose kringloop duur voort: takel mense se immuniteit en hulpbronne af met “beskermingsmaatreëls”-gedrewe angs sodat hulle makliker kan siek word en gebruik dan die syfers om die angs verder te verhoog. Verswyg ook perspektiewe soos dat tot 70 000 griepsterftes in 2 jaar in SA niks abnormaal is nie.