Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 796 500 bevestigde Covid-19-gevalle met 10 510 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Vrydagaand bevestig dat 1 796 589 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 20,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (66%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (8%), KwaZulu-Natal (5%) en Noordwes (5%). Die totale aktiewe gevalle is 105 966.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 58 441 nadat nog 118 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 1 632 182 mense reeds van die virus herstel, ‘n herstelkoers van 90,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 12 435 256 toetse vir Covid-19 gedoen, 51 301 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 1 510 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 9 255 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

’n Totaal van 2 069 346 mense is reeds ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap334201 668
Vrystaat379109 414
Gauteng6 969536 848
KwaZulu-Natal553345 659
Limpopo27868 658
Mpumalanga31587 460
Noordwes56785 090
Noord-Kaap28556 124
Wes-Kaap830305 668
Totaal10 5101 796 589

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap11 729187 287
Vrystaat4 64094 997
Gauteng11 981471 634
KwaZulu-Natal10 606327 030
Limpopo2 51764 208
Mpumalanga1 49582 996
Noordwes2 14872 946
Noord-Kaap1 29846 946
Wes-Kaap12 027284 138
Totaal58 4411 632 182

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Domeritus Danie ·

STATISTIEK RE KORONAVIRUS INFEKSIES
Is dit nie logies dat die digsbevolkte dele van enige land of provinsie ook die meeste gevalle sal oplewer nie? Dit maak myns insiens baie meer sin om sodanige statistiek eerder as ‘n persentasie van elke provinsie – in die Ruwe (sic!) SA – se geskatte inwonersgetal weer te gee!
Terloops: Hoekom hoor ons (byna) glad nie meer van die aantal of persentasie ANDER “gewone” of “buitengewone / onnatuurlike ” sterfgevalle soos bv. a.g.v. motorongelukke en plaasmoorde nie? Vergelykende statistiek in die verband behoort baie interessante leesstof te wees, nie waar nie? Of is dit nie sensasioneel genoeg nie?

Jedi Knight ·

As jy op google gaan speel, is ons totale sterftesyfer 9.38 per duisend mense vir 2020. Dit beteken elke dag sterf 9.38÷1000×58,000,000÷365=1490 mense. Ek werk op n bevolking van 58 miljoen. Die (amptelike) covid sterftes is dus gelyk aan 58441÷1490=39 dae se “gewone” sterftes. Google maar self hoe die totale sterftes onderverdeel word.

Karel Kobus Kruger ·

Of anders gestel.
Ons eerste covid sterfte was op 27 Maart 2020. Dis 450 dae gelede. Dit beteken die gemiddelde daaglikse covid sterfte is 58441÷450=130 (amptelik). Vergelyk dit dus met die totale daaglikse sterftesyfer van 1490 en maak jou eie gevolgtrekking.

piet ·

Jy moet die Covid-sterftes vergelyk met ander onnatuurlike doodsoorsake en meer spesifiek met spesifieke siektetoestande. Jy kan nie natuurlike doodoorsake hier inbring om die impak van Covid te meet nie. Ek kan wel vir jou se dat Covid sterftes die afgelope jaar meer is as TB sterftes byvoorbeeld en enige ander siekte wat ek van weet. Die daaglikse syfer vir mense wat aan hartaanvalle sterf is byvoorbeeld 215. ‘n Hartaanval kan egter deur verskeie siektes teweeggebring word en ook deur abnormale omstandighede oos ooreising, skok ens. Covid is waarskynlik nou die top killer wat ‘n enkele besonderse siekte virus aanbetref so ‘n beduidende impak.

Jedi Knight ·

Jip, mens kan nog baie meer vergelykings tref, maar ek stel nie regtig soveel in ander mense se sterftes (ongeag die oorsaak) belang nie. Die totale sterftes was maar net iets wat ek vinnig kon google. Covid is regtig n big fat nothing in my lewe. Vir ander mense is dit waarskynlik iets groots, maar dis hulle saak.

Francois Le Cochon ·

Karl, jou belangstelling sal wel geprikkel word as ‘n gesins- of familie lid na aan jou aan covid sterf. Dit is soos dit werk. Mense sit huisalarms in eers nadat daar by hulle ingebreek is.

OW ·

Die statistiek oor sterftes agv motorongelukke,plaasmoorde,selfmoord,hartaanvalle,griep,TB ens het niks met ‘n epidemie wat wêreld versprei het maw ‘n pandemie te doen nie.Hierdie pandemie sal bly tot genoegsame toediening van entstowwe gedoen is om kudde immuniteit te verseker.

Lizelle ·

Laat ons appels met appels vergelyk, nie appels met uie nie.

piet ·

Daar’s gemiddeld 60 plaasmoorde per jaar, bly redelik konstant.

Oom Kaspaas ·

Ek verstaan nie 9255 mense wat in hospitale behandel word, maar volgens berugte is alle hospitale onder druk, oral probleem met beskikbare beddens …. Wil julle vir my sê in die hele SA is daar net 10 000 beskikbare hospitaal beddens. Ek wonder ….. al die ekstra veld hospitale en ekstra beddens wat ins plek gesit is verlede jaar …. dis dan waarmee hulle level 5 lockdown regverdig het

Oom Hennie Pennie ·

Ja, die herstelkoers is meer as 90%. Tien jaar terug het daar ook elke winter mense dood gegaan van griep, brongitus en long ontsteking, nou word dit net covid genoem. Kan ons statistieke kry van HIV en TB sterftes ook asseblief.

Gideon ·

Hoe is dit moontlik dat meer as n jaar saam met Corona, mense nog steeds so oningelig is? Dat iemand wraggies nog dink verkoue, griep, ens word nou net Covid genoem.

Jaco ·

Dié corona syfers in die derde golf moet waarlik reg wees, want dis die hoogste in nogal ‘n ANC-beheerde provinsie; nie weer die DA-beheerde Wes-Kaap nie. Nog ‘n rede waarom die huidige Corona syfers reg moet wees, is dat dit winter is, so dis in elk geval te koud om Wes-Kaapse strande te gebruik. Strande sluit is dus onnodig.
Maar wees maar voorbereid op Desember vanjaar: dan is die Wes-Kaap weer skielik, sommer oornag, in ‘n hemelhoë vierde golf, en word strande gesluit en wit toeristebesighede aan die kus word van hulle beste inkomste van die jaar ontneem.
Net 10% van SA se anti-wit regering se maatreëls teen Corona is regtig teen Corona. Die ander 90% is gemik teen wit mense, wit besighede en “die rassistiese DA” wat die Wes-Kaap regeer.
En voordat almal my nou kruisig vir my kommentaar, ONTHOU TOG: Ramaphosa het reeds 2 keer in die verlede gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

Lizelle ·

Siestog, jy kom maar net nie oor die “strande” ding nie. Elke dag plaas jy dieselfde kommentaar. Dis nou holrug gery

Francois Le Cochon ·

Ja, en witmense kan nou nie meer drank op Vrydae, Saterdae en Sondae koop nie. Erg rasisties ne!

piet ·

Ek wonder of hierdie perd al een kommentaar gepos het wat nie rasgedrewe is nie. Stem saam met ander, ons raak nou keelvol vir sy twak.

Jan ·

Die bose kringloop duur voort: takel mense se immuniteit en hulpbronne af met “beskermingsmaatreëls”-gedrewe angs sodat hulle makliker kan siek word en gebruik dan die syfers om die angs verder te verhoog. Verswyg ook perspektiewe soos dat tot 70 000 griepsterftes in 2 jaar in SA niks abnormaal is nie.

Andries ·

Soos die lewe loop wat jy toelaat is wat jy kry kyk op vele byeenkomste is tot parlementslede sonder maskers so daar is geen voorbeeld eens van land se lyers nie hoe moet die volgers dan dit doen. Ek en vele van my family en vriende is deur die ding al wat ek kan se mense drink elke dag n disprin en kry sonlig asb dit is die wen resep hou die lyf warm in son en die bloed dun (die blou boksie hoor oggend en aand) Vergeet van wat gese word hou jouself maar veilig dis regtig nie baie leker om dit te he nie glo my dis nie net n griep of longonsteking of brongietes nie. Sterkte wees veilig en vertrou op ons skepper

Danie ·

Dit gaan nie nou oor hiv, tb, bronchitis, griep of babbelaas nie.
Ons is besig om n spesifieke pandemie te beveg en inligting oor ander siektes om dit te vergelyk het geen nut nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.