Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie van die koronavirus. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het nou meer as 2 540 200 bevestigde Covid-19-gevalle met 6 787 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 540 222 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 21,7%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (29%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (21%) en Gauteng (15%). Al die aktiewe gevalle is gesamentlik 157 156.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 75 012 nadat nog 199 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 308 054 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 90,9%.

Suid-Afrika het tot dusver 15 288 559 toetse vir Covid-19 gedoen, 31 242 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 241 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 14 820 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 8,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap653235 878
Vrystaat375133 389
Gauteng1 039879 449
KwaZulu-Natal1 442414 042
Limpopo126114 647
Mpumalanga406131 678
Noordwes347133 028
Noord-Kaap43270 815
Wes-Kaap1 967427 296
Totaal6 7872 540 222

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap13 010215 002
Vrystaat5 882115 017
Gauteng17 748843 711
KwaZulu-Natal12 066364 710
Limpopo3 508107 148
Mpumalanga1 751123 645
Noordwes3 188106 347
Noord-Kaap1 80562 580
Wes-Kaap16 054369 894
Totaal75 0122 308 054

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thom ·

Mense , kom ons leer by Kanada en ent so vinnig as moontlik . Die hoë-sorg eenhede daar kry nie meer Covid-gevalle in nie en die lewe is terug na feitlik normaal ; word deel van die oplossing en nie van die probleem nie .

MakersMark ·

Stem saam met jou. Hoe gouer hoe beter. En potensiaal vir verdere variante word gestop.

Piet ·

Die “inenting” stop nie die virus om te muteer en ‘n nuwe variant te vorm nie.

MakersMark ·

Ja piet dit doen nie dis nie wat ek sê nie. Maar hoe meer infeksies hoe meer potensiaal vir mutasies en nuwe variante. En selfs al word mense siek van CV19 post inenting is die virale lading in die naso-farinks holtes so laag dat die potensieele oordra van infeksie na ander sterk ingeperk is so verdere infeksies word verminder. Hoop dit gee duidelikheid.

Oom Kaspaas ·

Stem saam ! Kyk hoe lekker sit en kyk mense sport in Engeland en Piet daar is draers nodig vir nuwe variante, wat aansienlik minder word met inenting

Misky ·

Ek het gedink KZN se syfers sou teen diè tyd deur die dak wees…… vertrou dit niks nie

Lukas ·

Wat van die syfers nog verder afbreek en see hoeveel gevalle per Covid variant?,Dit sal wys watter variant is predomiant in SA.

Esme ·

Die vraag wat by my ontstaan is hoeveel gevalle van Covid van ten volle gevaksineerde individue vorm deel van die groter prentjie. Met daardie inligting kan ons bepaal hoe suksesvol die vaksien is en wat die gevolg daarvan is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.