Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 2 869 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 4 667 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 869 201 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 9,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (25%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (23%) en die Oos-Kaap (15%). Die totale aktiewe gevalle is 83 434.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 85 468 nadat nog 166 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 700 299 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 94,1%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 191 349 toetse vir Covid-19 gedoen, 48 745 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 270 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 9 653 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 15,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap718285 467
Vrystaat499157 539
Gauteng414912 729
KwaZulu-Natal1 058504 017
Limpopo59121 414
Mpumalanga186149 181
Noordwes250147 678
Noord-Kaap30487 524
Wes-Kaap1 179503 652
Totaal4 6672 869 201

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 461262 301
Vrystaat6 534135 518
Gauteng19 102889 924
KwaZulu-Natal14 118456 457
Limpopo3 949115 799
Mpumalanga1 920145 311
Noordwes4 029138 497
Noord-Kaap2 09079 295
Wes-Kaap19 265477 197
Totaal85 4682 700 299

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.