Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: pixabay)

Altesame 1 678 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 2 902 672 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 4,1%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (22%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (20%) en Gauteng (14%). Die totale aktiewe gevalle is 41 702.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 87 626 nadat nog 101 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 773 344 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 95,5%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 690 407 toetse vir Covid-19 gedoen, 40 680 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 128 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 6 576 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 17,5 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap203290 410
Vrystaat197161 339
Gauteng241916 377
KwaZulu-Natal333511 794
Limpopo21121 827
Mpumalanga79150 900
Noordwes77149 490
Noord-Kaap16490 734
Wes-Kaap363509 801
Totaal1 6782 902 672

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 851273 166
Vrystaat6 712148 378
Gauteng19 390895 032
KwaZulu-Natal14 585478 971
Limpopo4 004116 619
Mpumalanga1 966148 043
Noordwes4 144142 413
Noord-Kaap2 18382 766
Wes-Kaap19 791487 956
Totaal87 6262 773 344

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

‘n Vinnige ontleding van die syfers toon dat die Oos-Kaap se persentasie sterftes in verhouding tot mense wat die virus opgedoen het, die hoogste is op 5.11%, terwyl Mpumalanga s’n die laagste is op 1.30%, Waaraan sal dit toegeskryf word, want beide provinsies se gesondheid stelsels is ewe swak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.