Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 924 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 2,8% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 910 681 te staan.

Nog 132 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 88 236 te staan.

Minstens 17 931 034 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van die Wes-Kaap (22%), gevolg deur KwaZulu-Natal (19%). Gauteng verteenwoordig 15%, die Vrystaat 12%, Oos-Kaap 11%, Noord-Kaap 7%, Mpumalanga en Noordwes 5% elk en Limpopo 4%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 83 hospitaal-opnames. Daar is tans 5 637 Covid-19-pasiënte in 667 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 2 789 432 persone (95,8%) het reeds herstel.

Altesaam 18 957 587 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap102291369
Vrystaat115162180
Gauteng139917499
KwaZulu-Natal175513408
Limpopo34121995
Mpumalanga46151313
Noordwes44149935
Noord-Kaap6391431
Wes-Kaap206511551
Totaal9242910681

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap149742750531342291369
Vrystaat68191514603901162180
Gauteng194338966911375917499
KwaZulu-Natal1465848365415096513408
Limpopo40211167921182121995
Mpumalanga1976148888449151313
Noordwes41691440891677149935
Noord-Kaap221584849436791431
Wes-Kaap199714879563624511551
Totaal882362789432330132910681

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Erik

Dis alles gekook. Uit hul duime gesuig. Moet niks hiervan glo nie. Hulle het ‘n duistere agenda en kan nie tel nie… So kom ons dink. Hulle bring die syfers af, want hulle wil hê minder mense moet inent? Daai een kan nie werk nie. Hulle bring die syfers af, om te bewys die inenting werk? Nee, kan ook nie werk nie, want nog te min mense is inge-ent. Nou hoe dan nou? Kruip uit jul bunkers uit, kry die inenting en gaan aan met jou lewe. Jy sal verbaas wees om te sien dat baie mense daar buite dit… Lees meer »

piet

Ek het nie geweet ons het so baie hospitale nie. Nogals indrukwekkend.

Madeleine

Ek glo niks van die syfers nie.

Oros Soros

Hoe is dit moontlik dat geen herstel/ genesing die afgelope 16 dae in die Wes-Kaap aangeteken is nie? Slegs nuwe infeksies en sterftes.

Baardman

Kan iemand vir my verduidelik waarom my dogter wat 55kg weeg en ek wat 110kg weeg dieselfde dosis kry