Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 924 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 2,8% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 910 681 te staan.

Nog 132 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 88 236 te staan.

Minstens 17 931 034 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van die Wes-Kaap (22%), gevolg deur KwaZulu-Natal (19%). Gauteng verteenwoordig 15%, die Vrystaat 12%, Oos-Kaap 11%, Noord-Kaap 7%, Mpumalanga en Noordwes 5% elk en Limpopo 4%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 83 hospitaal-opnames. Daar is tans 5 637 Covid-19-pasiënte in 667 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 2 789 432 persone (95,8%) het reeds herstel.

Altesaam 18 957 587 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap102291369
Vrystaat115162180
Gauteng139917499
KwaZulu-Natal175513408
Limpopo34121995
Mpumalanga46151313
Noordwes44149935
Noord-Kaap6391431
Wes-Kaap206511551
Totaal9242910681

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap149742750531342291369
Vrystaat68191514603901162180
Gauteng194338966911375917499
KwaZulu-Natal1465848365415096513408
Limpopo40211167921182121995
Mpumalanga1976148888449151313
Noordwes41691440891677149935
Noord-Kaap221584849436791431
Wes-Kaap199714879563624511551
Totaal882362789432330132910681

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Erik ·

Dis alles gekook. Uit hul duime gesuig. Moet niks hiervan glo nie. Hulle het ‘n duistere agenda en kan nie tel nie…

So kom ons dink.

Hulle bring die syfers af, want hulle wil hê minder mense moet inent? Daai een kan nie werk nie.

Hulle bring die syfers af, om te bewys die inenting werk? Nee, kan ook nie werk nie, want nog te min mense is inge-ent.

Nou hoe dan nou?

Kruip uit jul bunkers uit, kry die inenting en gaan aan met jou lewe. Jy sal verbaas wees om te sien dat baie mense daar buite dit al reeds gedoen het en normaal aangaan.

007 ·

Jy sê nounet te min mense het ingeënt, dan sê jy weer ons sal verbaas wees hoeveel het. Maak nie lekker sin nie?

Erik ·

MakersMark, wil ek ook weet. ‘Hulle’ is amper soos die Amerikaanse Geheime Diens. Sit êrens heeldag agter rekenaars en manipuleer die syfers.

Daleen ·

Die feit van die saak is solank as die virus hier is is NIKS NORMAAL NIE. Ingeent of nie….

piet ·

Ek het nie geweet ons het so baie hospitale nie. Nogals indrukwekkend.

Oros Soros ·

Hoe is dit moontlik dat geen herstel/ genesing die afgelope 16 dae in die Wes-Kaap aangeteken is nie? Slegs nuwe infeksies en sterftes.

piet ·

Die feit dat dit nie hier bekendgemaak is nie beteken nie dat daar geen genesings was of aangeteken is nie. Jy moet jouself afvra hoekom jy altyd die negatiewe dink. Hoekom doen jy dit?

Jacob ·

Etlike hospitale in die VSA is US$ 50 000 betaal is vir elke geval wat hulle as Covid 19 aangeteken het, dus kan ons tereg vrae vra oor die geloofwaardigheid van sogenaamde positiewe en sterfgevalle.

In Portugal is ‘n hofbevel verkry wat die Portugese regering gedwing het om die ware getal sterftes as gevolg van Covid 19 bekend te maak en wat aangeteken is as 17 000 sterftes, het toe 152 geraak. Die hele ding is die een liegstorie na die ander.

piet ·

“Etlike hospitale in die VSA is US$ 50 000 betaal is vir elke geval wat hulle as Covid 19 aangeteken het”. Dit klink vir my te goed om waar te wees. Hoekom sal ‘n hospitaal betaal word vir die data wat hulle verplig is om deur te gee soos verlang word deur die regering en die dokters en die hospitaal hul reputasie op die spel plaas om hieroor te lieg en die syfers te manipuleer? Nog ‘n duimsuigende conspiracy teorie. En wie sou die groot bedrae wou betaal?

Henning ·

Jakob, die USD 50 000 is bietjie dik vir n daalder. Ja die VS regering betaal hospitale vir die behandeling van Covid pasiente, onder sekere gevalle, maar nie USD 50 000 nie. Hulle betaal nie vir inligting nie maar vir bahandeling.

Oros Soros ·

Ai tog piet, ek verwys na die amptelike syfers wat daagliks deur die Dept van Gesondheid gepubliseer word. Dit is op sacoronavirus.co.za beskikbaar en die Wes-Kaap se “recoveries” staan gevries op 487 956 die afgelope 16 dae. Ek sou myself wil afvra wat fout is met jou kommentaar, aangesien daar duidelik ‘n skroef los is tov die Wes-Kaap se syfers. Miskien kan MM ‘n bietjie daarop ingaan. Waar kom negatiwiteit nou in?

Baardman ·

Kan iemand vir my verduidelik waarom my dogter wat 55kg weeg en ek wat 110kg weeg dieselfde dosis kry

Erik ·

Baardman, drink jy 4 Panado’s as jou kop seer is en jou dogter 2?

Dirk Mostert ·

Ek het ‘n paar weke gelede voorspel ons sal op vlak 1 wees voor en tydens die verkiesing. Daarna sal die getalle styg vir die jaarlikse somervakansie-golf. Wereldwyd is ‘n piek bereik in die week voor Biden as president aangewys is, met ‘n skerp daling daarna. Is daar nog mense wat nie sien dat data gemanupileer word nie?

piet ·

Lande het verskillende “piektye” so ek weet nie waarvan jy praat nie.

Erik ·

Aitsa Dirk! Lyk my jy dink nes die regering? Dalk vir hulle gaan werk!

Casper ·

Of die statistieke nou gekook is al dan nie is dit ‘n feit soos ‘n bonk koei dat baie van die nuwe hospitaalopnames en mense wat in hospitale behandel word by die sterftes gaan gevoeg word.Teveel mense het gedink die regering het gelieg oor die virus en dat dit net erge griep was en het die prys betaal vir hulle slim teorie.

Heila ·

Wanneer gaan die statistieke reg gestel word? ‘n Positiewe PCR toets is nie ‘n aanduidig van siekte nie. Die CDC and FDA het reeds in Julie 2021 die volgende op hulle webwerf geplaas.
What is the latest Gold Standard that is to replace the PCR test after 31 December 2021? Between the CDC and FDA websites it is very confusing. Yet, the PCR test is still being used?
https://lnkd.in/dEJQ3A96
“After December 31, 2021, CDC will withdraw the request to the U.S. Food and Drug Administration (FDA) for Emergency Use Authorization (EUA) of the CDC 2019-Novel Coronavirus (2019-nCoV) Real-Time RT-PCR Diagnostic Panel, the assay first introduced in February 2020 for detection of SARS-CoV-2 only. CDC is providing this advance notice for clinical laboratories to have adequate time to select and implement one of the many FDA-authorized alternatives.”
En dit blyk dat die PCR toets nie onderskeid kan maak tussen griep en Covid nie.:
“In preparation for this change, CDC recommends ……..!”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.