Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 533 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesaam 2 921 114 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 1,7%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (28%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (17%) en die Wes-Kaap (14%). Die totale aktiewe gevalle is 18 568.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 104 nadat nog 55 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 813 442 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 18 471 818 toetse vir Covid-19 gedoen, 30 845 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 30 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 3 939 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 22,1 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap36299
Vrystaat532 790
Gauteng150601
KwaZulu-Natal935 497
Limpopo231 120
Mpumalanga35335
Noordwes27883
Noord-Kaap401 608
Wes-Kaap765 435
Totaal53318 568

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 137276 861
Vrystaat6 986153 574
Gauteng19 587899 135
KwaZulu-Natal14 753495 229
Limpopo4 042117 074
Mpumalanga2 001149 567
Noordwes4 209145 504
Noord-Kaap2 25188 542
Wes-Kaap20 138487 956
Totaal89 1042 813 442

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Leon ·

Ek sou graag sterftes deur COVID wil sien wat wys hoeveel ingeëntes en hoeveel oningeëntes oorlede is. Die rede hiervoor is dat verslae uit ander oorde wys dat sterftes 70% ingeënt was!

Esme ·

Ek het hierdie inligting al soveel keer versoek. Dr Angelique weerhou hierdie inligting en ek ondervind die mees hartverskeurende tydperk in my lewe. Ek was baie siek agv Covid en het in Desember byna gesterf. My ma en my suster het vir die Vaksien gegaan. Ek is verder gestraf – my ma is verward, allergies vir alles en die rede vir haar toestande is haar ouderdom. My suster is 63 – sy het gordelroos en Neuralgia gehad maar dit is ‘n ‘senuwee probleem omdat sy eerdaags met pensioen gaan. In tussen sterf mense om my as gevold van die Covid Vaksien.

VaalDonkie ·

Ek dink dis verkeerd om enigsins op die virus of die prikkie te konsentreer. Die eintlike ding waaroor ons bekommerd moet wees is die wereld wat hulle besig is om voor ons gesigte te bou terwyl ons praat oor virusse en eksperimentele gene-terapie. Die eintlike gevaar is wat hulle (die regering en jou werkgewer) bereid is om aan jou te doen in die naam van “public safety”.

MakersMark ·

My niggie wat by die kooperasie op Bultfontein werk se man se oom sê…….hier is regte syfers: wêreldwyd 3 bn mense ingeënt ten volle. Mense gesterf kort na inenting/agv inenting 1700 of 0.0004%. Duitsland het 111 m mense, 55 m ten volle ingeent. Sover 80181 infeksies van volle ingeente mense of het ‘n deurbraak infeksie gekry, dis 0.14%. Van die 80181 infeksies het 481 mense hospital toe gegaan, dis 0.6%. En van die 481 mense is 300 ouer as 80 jaar. Inentings is ontwerp om ernstige siekte en hospitalisasie te voorkom nie infeksies nie. Wêreld statistieke spreek vanself. Daar is geen sameswering nie…………

Papsak ·

Ja ek sal dit ook graag wil sien ek dink die inenting maar meer siek en dood as die virus self

piet ·

Jy kan dink wat jy wil maar die amptelike statistieke vertel die ware verhaal. Maar glo maar wat jy wil….

Danie ·

En dis waaropm jy nie oor sulke goed moet “dink” nie maar eerder na werklike amptelike syfers gaan kyk.

Cherokee ·

Soos verwag, dieselfde 3 kommintators met dieselfde snert as gewoonlik.

Danie ·

Jip, en so ook altyd dieselfde foeliehoed bende. Probeer eerder deel wees van die oplossing as die probleem. Die wereld is nie altyd so n duister soos wat party mense dit wil maak nie. Lig jou ken op uit die riool wat julle “navorsing en sameswering” noem en geniet die lewe op n positiewe manier. Om negatief te wees help niemand nie. Af duimpies bewys maar net hoe behep die mense is om altyd die sleg raak te sien.

Vanessa ·

Ja, in Gauteng, loop die meeste mense nou sonder maskers!!!!!!!. Ek het net vanoggend toevallig gesien toe ek werk toe ry, mens sal dink covid is nou ‘n ding van die verlede.

DRA JULLE MASKERS, COVID IS NOG STEEDS MET ONS.

Nicolaas ·

Die probleem is jy dink die maskers help jou teen Covid lol

piet ·

Mors van tyd om met die klomp te redeneer. Selfs al gee jy vir hulle die statistieke swart op wit ignoreer hulle dit en glo net aan hulle eie conpiracies.

Cherokee ·

Waarom dan piet, hou jy nie op nie? Wat probeer jy bereik?

Andre ·

Piet, as dit nie was dat die conspiracies telkens reg bewys was nie, kon jy dalk ook slim gewees het.

MakersMark ·

Andre lewer tog statistieke bewyse wat die “conspiracy theories” as korrek bewys. Of dink jy daar is twee parallele werelde? En in watter een lewe jy ?

piet ·

Ek werk net op ware feite. Vra mens die bronne van die conpiracy manne dan kry jy die stilstuipe.

Nicolaas Hendrik ·

Soos jy ja glo alles wat die regering vir jou wys,

MakersMark ·

Presies. Moet hul selfone konfiskeer dat hul teruggaan in die verlede waar hul graag wil wees en rookseine stuur of posduiwe moet moet gebruik en ons verlos van die daaglikse snert en sameswerings teorieë.

Cherokee ·

Wat ek vir piet gesê het, geld ook vir jou.. woord vir woord.

Cherokee ·

LOL Andre.. skerp (!), skerp soos verwag kan word van die mense wat meer weet.

Andre ·

Makers, dis nie die klip wat jou suurstof so beperk nie, dis jou masker! Haal tog af die ding sodat jy kan dink.

MakersMark ·

Nee wat te veel brawe Rambo’s gesien wat na 30 dae op ‘n ventilator skielik begin masker dra…….

piet ·

MM – Spesiale volkie wat ons het ne? Spesiale tipe verkramptheid.

Papsak ·

Hou op mense om koop met groceries en tonne geld dit werk nie so nie ons kan na ons self kyk hierdie ent maak siek dan dood sorrie

Esme ·

Ek het konfidensieel verneem dat die Covid positiwiteitskoers styg. My vraag – wat het gebeur met kudde immuniteit? Wat het gebeur met individue wat hewige teen reaksies teen die Covid Vaksien getoon het? Wat het gebeur met individue wat Covid oorleef het en nou immuniteit het?
Die media weerhou feite en ondersoekende joernaliste is besig om groot deurbrake te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.