Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 116 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 2 924 072 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 0,7%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (33%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (20%) en die Wes-Kaap (13%). Die algehele aktiewe gevalle is 16 484.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 352 nadat nog 20 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 818 236 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,4%.

Suid-Afrika het tot dusver 18 740 830 toetse vir Covid-19 gedoen, 16 517 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 16 hospitaalopnames. Daar is tans altesame 3 740 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 23,2 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap8206
Vrystaat73 000
Gauteng38405
KwaZulu-Natal233 314
Limpopo21 084
Mpumalanga9206
Noordwes7858
Noord-Kaap71 576
Wes-Kaap155 835
Totaal11616 484

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 159277 134
Vrystaat7 028153 692
Gauteng19 621900 080
KwaZulu-Natal14 772497 882
Limpopo4 074117 139
Mpumalanga2 006149 937
Noordwes4 209145 688
Noord-Kaap2 31788 728
Wes-Kaap20 166487 956
Totaal89 3522 818 236

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MakersMark ·

Inentings neem definetief toe. Stadig maar seker. Sien sekere lande se regerings gaan nie meer mediese koste subsidieer vir mense wat nie ingeent is wat ernstig siek word of hospitaal toe gaan agv CV19 nie. Hier in SA het Discovery ‘n report vrygestel van 1.2 m van sy mediese fonds lede waar nie een persoon wat ten volle ingeent is gesterf het agv CV19 nie. Teen gemiddelde sterfte koers van 3% onder oningeentes sou daar 36000 addisionele sterftes gewees het. Die verslag praat ook oor die 0.0003% kans om enige nagevolge te hê van die inenting. Die verslag is onlangs uitgereik.

MakersMark ·

Plaastelefoon gaan stil raak Koos. Uiteindelik is dit net geraas. Soos wat tyd verloop word meer en meer feite duidelik wat die suspisie weerlê.

Karel Kobus Kruger ·

97% kans op oorlewing sonder entstof? Meer as goed genoeg vir my.

SjN ·

Enorme bedrae is uitbetaal aan sterftedekking agv Covid, verhoogde premies gaan en kan deur sommige versekeringsmaatskappye gehef word op nuwe aansoeke in die toekoms indien daar nie bewys van inenting gelewer kan word nie, risiko is dus groter, soos bv n roker betaal hoer tarief, let wel dit sal en mag nie n verpligte voorwaarde wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.