Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 393 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 1,3% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 925 371 te staan.

Nog 17 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 89 469 te staan.

Minstens 18 865 934 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (44%) gevolg deur die Noord-Kaap en Wes-Kaap, elkeen op 10%. KwaZulu-Natal verteenwoordig 8%, Mpumalanga 7%, die Vrystaat en Oos-Kaap elkeen 6%, Limpopo 5% en Noordwes 4%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 29 hospitaal-opnames. Daar is tans 3 626 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 2 819 307 persone (96.4%) het reeds herstel.

Altesaam 23 832 377 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap25292560
Vrystaat22163835
Gauteng173920579
KwaZulu-Natal32516145
Limpopo20122337
Mpumalanga27152229
Noordwes17150828
Noord-Kaap3992733
Wes-Kaap38514125
Totaal3932925371

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap15167277218175292560
Vrystaat70531537832999163835
Gauteng19631900377571920579
KwaZulu-Natal147764981833186516145
Limpopo40801171411116122337
Mpumalanga2009149978242152229
Noordwes4222145899707150828
Noord-Kaap235988772160292733
Wes-Kaap201724879565997514125
Totaal894692819307165952925371

* Volgens Nios is dit moontlik dat daar ʼn teenstrydigheid kan wees in die getal gevalle en persone wat in die Wes-Kaap herstel het, omdat dié provinsie se syfers tans gevalle insluit waar mense weer die virus opgedoen het en gevalle wat deur antigeentoetse bevestig is. Dit word nie by die nasionale statistieke ingesluit nie. Die getal gevalle van persone wat in die Wes-Kaap herstel het, bly dus staties op die nasionale verslae. Nios werk saam met die provinsiale departement van gesondheid om dié teenstrydighede op te klaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.