Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika het nou al meer as 590 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 592 144 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 12 264 nadat nog 282 sterftes aangemeld is: 66 in die Oos-Kaap, 89 in Gauteng, 57 in KwaZulu-Natal, drie in die Noord-Kaap, 13 in die Vrystaat, 34 in die Wes-Kaap en 20 in Noordwes.

Tot dusver het 485 468 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 82%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 430 347 toetse vir Covid-19 gedoen, 14 677 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap84 14414,2%
Vrystaat32 5935,5%
Gauteng200 94933,9%
KwaZulu-Natal106 56518%
Limpopo11 8132%
Mpumalanga21 7173,7%
Noordwes23 4454%
Noord-Kaap8 1291,4%
Wes-Kaap102 73917,4%
Onbekend500%
Totaal592 144100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2 63379 947
Vrystaat53717 547
Gauteng3 018166 143
KwaZulu-Natal1 74380 684
Limpopo15910 281
Mpumalanga21419 252
Noordwes21414 980
Noord-Kaap1004 757
Wes-Kaap3 64691 877
Totaal12 264485 468

 Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Baardman ·

Ek sou graag wou weet wat die sterftesyfer vir die tydperk van die inperking in vergelyking met die sterftesyfer in die selfde tyd velede jaar is. Dan kan ons mos sien wat covid se bydrae is in die sterftesyfer.

wim ·

Dit is elders in die media, en blykbaar is dit hoër. Daar is gepraat van 30 000 meer natuurlike sterftes (sluit geweld en motorongelukke uit). Dit is egter moeiliker as wat mens dink.

Die sterftesyfer is nie elke jaar dieselfde nie, en iets soos TB (wat normaalweg 60-90K lewens per jaar neem) is baie sensitief vir verwaarlosing van sorg, wat inderdaad gebeur het sedert inperking. Dit maak dit problematies om te sê watter gedeelte van hoër sterftes is Covid-19, en watter gedeelte is as gevolg van inperking eerder as Covid-19 self.

Behalwe dit is daar nog die ding dat ‘n epidemie wat ouer mense affekteer, altyd gevolg word deur ‘n tydperk van laer as normale sterftes, aan die einde van die epidemie. Ons moet nog daar kom om die netto effek te kry, sodat ons kan onderskei tussen hoër sterftes vs effens vroeër sterftes.

JJ ·

Al gehoor van die begrip “casedemic” ? Dit is wat gebeur as jy aanhou toets en die uitslae positief wys, maar die sterfgevalle bestaan nie meer nie. Daar is geen afsnypunt in die toets vir Covid 19. Jy kan posotief toets lank na die virus reeds verdwyn het. Beter gestel: ” What does this mean? This detection problem is ubiquitous for RNA viruses detection. SARS-CoV, MERS, Influenza Ebola and Zika viral RNA can be detected long after the disappearance of the infectious virus. The immune system works to neutralise the virus and prevent further infection. Whilst an infectious stage may last a week or so, because inactivated RNA degrades slowly over time it may still be detected many weeks after infectiousness has dissipated.”

wim ·

Ja dit is aan die gebeur in Europa. Maar gelukkig nog nie hier nie.

Tans in SA val nuwe gevalle vinniger as sterftes. (dit is te verwagte dat gevalle eers sal val, voordat die val in sterftes momentum kry).

Hoewel dit nog nie hier gebeur nie, word die skrikmaak van die tweede golf in Europa (waar oormaat toetse wel verantwoordelik is vir die “styging” in gevalle ) tog hier gebruik. Dit is nie net dooie RNA nie, maar vals posetiewe. As ‘n toets 99.9% akkuraat is, is die akkuraatheid voldoende as daar 1 posetief per 10 verwag word.

Maar as mens 20 000 mense toets, en kom ons sê daar is geen werklike gevalle meer nie, dan gaan 99.9% akkuraatheid steeds 20 gevalle identifiseer wat nie bestaan nie. As dieselfde owerheid die volgende week 30 000 mense toets, raai wat, dan gaan hul 30 gevalle vind. En die week daarna toets hul 40 000, en hul kry 40 gevalle.

Scalla ·

Gereken teen die totale bevolking is dit maar nie eens 1% nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.