Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Altesame 136 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 2 926 075 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 0,9%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (43%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (16%) en KwaZulu-Natal (13%). Die totale getal aktiewe gevalle is 16 716.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 489 nadat nog vyf sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 819 870 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,4%.

Suid-Afrika het tot dusver 18 933 156 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 223 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 18 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 3 561 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 24 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap7151
Vrystaat53 014
Gauteng58691
KwaZulu-Natal173 174
Limpopo01 096
Mpumalanga8194
Noordwes9717
Noord-Kaap101 597
Wes-Kaap226 082
Totaal13616 716

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 168277 275
Vrystaat7 053153 818
Gauteng19 637900 560
KwaZulu-Natal14 777498 285
Limpopo4 080117 168
Mpumalanga2 011150 053
Noordwes4 222145 930
Noord-Kaap2 36188 825
Wes-Kaap20 180487 956
Totaal89 4892 819 870

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

FranWilder ·

n 96% herstel koers. Wat is die herstel koers van die ekonomie?

Francois Le Cochon ·

Uitstekend. Jy kon enige aandele op die JSE gekoop het in Januarie 21, en sou nou 80% tot 120% wins gemaak het.

MakersMark ·

Beste antwoord. Antwoorde is reg voor hulle maar nie skerp genoeg om dit te snap nie.

annie ·

Hoekom is daar steeds soveel meer aktiewe gevalle in die Vrystaat? Kry die mense nie genoeg mediese hulp nie of is dit te warm en droog daar… of te smerig. Hoe word die aktiwiteitskoers gemeet? Mens hoor nie waar en hoe mense hergetoets word nie.

Bart-Man ·

Ek het al gehoor van jouself in die voet skiet. Lyk meer of die regering die ekonomie se knieë koppe afgesny het. En nou sleep ons maar voort. Met n mask. Moenie jou mask vergeet nie.

Alexander ·

Ek hou van my masker hoor die ekstra lagie privaatheid is heerlik :D

Francois Le Cochon ·

Land se ekonomie staan tans sterk. Dit vergelyk met 2014/2015 toe ekonomie baie sterk was.

Papsak ·

Hulke flip net die ekonomie op met hulle virus stories hulle moet dink wat hulle doen en stop hierdie nonsens

Francois Le Cochon ·

Ekonomie is sterk. Lees die regte finansiele berigte.

Owlie ·

Die covid syfers kan nog meer daal as mense leer om social distancing toe te pas – baie areas kuier, loop en sit mense in groot groepe saam, kinders kuierin groot groepe en dit is waar die probleme inkom Gee n slag ware syfers per woon gebied deur nie net per provinsie nie Dit sal help om te sien presies in watter woon area syfers styg en sit slegs daardie area onder so called hard lock down Does everyone have to suffer because of those who do not want to listen If you say Gauteng have …..% how does the public know which areas in Gauteng is highest People out of such areas go to work and are super spreaders This is the only way covid will be controlled and the economy will be able to pick up again

efjy ·

Hoekom daal die Wes Kaap se syfers nie. Oor die laaste 14 dae het gemiddeld 30 gevalle per dag bygekom, maar daar het sekerlik gemiddeld 60 mense per dag herstel. Hoe word die syfers bepaal?

VaalDonkie ·

Die Weskaap se statistieke word anders deurgegee. Gaan kyk op gister se verslag. Daar is ‘n opmerking oor die Weskaap se syfers

Hendrik ·

Met so min aktiewe gevalle behoort hulle mos nou makliker tracking te kan doen om te sien wie moontlik aangesteek het. Gauteng gaan ook nou skielik baie op, lyk my mense herstel nie meer nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.