Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 3 220 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 9.2% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 958 548 te staan.
Nog 8 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 89 791 te staan.
Minstens 19 383 834 toetse is reeds gedoen.
Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (82%), gevolg deur Noordwes en die Wes-Kaap (4% elk). KwaZulu-Natal en Mpumalanga verteenwoordig 3%, Limpopo 2%, en die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap elk 1%.
Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 30 hospitaal-opnames. Daar is tans 2 229 Covid-19-pasiënte in 665 staat- en privaat hospitale.
Altesaam 2 847083 persone (96.3%) het reeds herstel.
Altesaam 25 284 889 dosisse entstof is reeds toegedien.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Nuwe gevalle | Gevalle |
---|---|---|
Oos-Kaap | 21 | 293143 |
Vrystaat | 35 | 165481 |
Gauteng | 2629 | 939502 |
KwaZulu-Natal | 110 | 518167 |
Limpopo | 60 | 123422 |
Mpumalanga | 97 | 153694 |
Noordwes | 116 | 153944 |
Noord-Kaap | 31 | 93293 |
Wes-Kaap | 121 | 517902 |
Totaal | 3220 | 2958548 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle | Totale gevalle |
---|---|---|---|---|
Oos-Kaap | 15200 | 277762 | 181 | 293143 |
Vrystaat | 7085 | 157071 | 1325 | 165481 |
Gauteng | 19675 | 909285 | 10542 | 939502 |
KwaZulu-Natal | 14787 | 498771 | 4609 | 518167 |
Limpopo | 4096 | 117977 | 1349 | 123422 |
Mpumalanga | 2011 | 151178 | 505 | 153694 |
Noordwes | 4354 | 148241 | 1349 | 153944 |
Noord-Kaap | 2380 | 90346 | 567 | 93293 |
Wes-Kaap | 20203 | 496452 | 1247 | 517902 |
Totaal | 89791 | 2847083 | 21674 | 2958548 |
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Hoe het die getalle gelyk tydens die verkiesing? Of is daar ook n “backlog” met die toetse? Ironies dat die getalle so skerp styg wanneer n nuwe variant aangekondig word. Die regering sal baie mooi moet besin voordat die CR die mense toespreek en die “looting” ingedagte hou want dit kan weer gebeur. Het die nuwe variant nog nie gehoor van die geliefkoosde woord van Staatsdepartemente nie – BACKLOG en ook in backlog gaan nie? Met die amper normale lewe wat ons gelei het van Level 1 gaan CR en sy kabinet sukkel om ons in te perk. Covid het… Lees meer »
96 % van mense herstel Maar die entstof raak verpligtend!?
Dis Mos crazy?
Ons leef in die 21ste eeu, het die beste tegnologie, is medies gevorderd maar die coronavirus wat al vir meer as 40 jr bestaan, saai amok die afgelope 2 jr, het die wêreld in totale paniek. Die omnikronvariant is nog nie eens goed nagevors nie, en almal slaan hul deure toe vir Suidelike Afrika.
My vraag is, hoekom het hierdie virus soveel mag oor die wêreld? Ek stem saam met VSA president, laat elke land sy eie entstof ontwikkel, want nou is odie wêreld slegs afhanklik van die groot pharmaseutiese maatskappye.
Slegs 8 sterftes (hoeveel net ‘covid-verwant’?) en 30 hospitaalgevalle uit 3,220 ‘infeksies’. Hoeveel gevalle is asimptomaties en hoeveel is reeds geent? Hoeveel konsentrasie-siklusse van die PCR toets tans en hoeveel op 1 November? Dat Nios hierdie inligting verswyg is agterdogwekkend.
Wie verskaf hierdie statestieke? Dieselfde regering wat in 26 absoluut hopeloos was??? Vra net!!! Is Covid hier om te bly??