Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Altesame 8 561 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 2 976 613 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 16,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (72%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (7%) en KwaZulu-Natal (6%). Die totale aktiewe gevalle is 36 600.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 871 nadat nog 28 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 850 142 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 95,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 19 529 031 toetse vir Covid-19 gedoen, 51 977 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 135 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 550 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 25,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap115324
Vrystaat1381 495
Gauteng6 16821 976
KwaZulu-Natal4765 409
Limpopo2711 868
Mpumalanga3751 047
Noordwes3561 693
Noord-Kaap36489
Wes-Kaap6262 299
Totaal8 56136 600

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 212277 818
Vrystaat7 092157 149
Gauteng19 698911 345
KwaZulu-Natal14 794498 864
Limpopo4 096118 019
Mpumalanga2 012151 290
Noordwes4 354148 609
Noord-Kaap2 38890 502
Wes-Kaap20 225496 546
Totaal89 8712 850 142

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Thom ·

Sal die variant-fabrieke ook nou ent aub dat ons kan aangaan met ons normale lewens aub !?

Dirk Mostert ·

Noudat omicron oorgeneem het was al die vorige entings vir spek-en-boontjies. Die entstof teen omicron gaan glo binne drie maande beskikbaar wees, ontwikkel getoets en al.

Oomniklaassevriend ·

Absoluut Charles. Nog n klein rukkie en dan sal jy dit in die Lancet lees.

Thom ·

Die komplotters skep alweer hulle eie wetenskap wat niemand in die werklike mediese kringe al van gehoor het nie .

Andre ·

Thom, die komplotters weet ook reeds wat die “kenner” gaan sê sodra sy naam genoem word.

Madeleine ·

Kan Jul Dink hoeveel plastiek ons wereld besoedel met hierdie toetse.

Lida ·

Net soos voorspel is…….wonder wat sê die nuwe voorspellings??

annie ·

Ons kan ook spog met ons vele sieners. Unieke land dié. Wat van salarisse vir die wyses? O, jammer ek vergeet, hulle sit reeds in die pound seats.

Francois Le Cochon ·

CR het verlede Sondag n groot fout begaan deur nie strenger maatreels aan te kondig nie. SA’ners gaan nou vir baie lank nie oorsee kan reis.

Nici ·

Duidelik kan SA maar 50% werkloosheid he want jy en jou familie het seker genoeg kos op die tafel. Die res van die land maak nie saak nie of hoe?

Andre ·

Ek wonder waaroor gaan die dokumente wat die FDA nou oor Phizer moet beskikbaar stel?

Baardman ·

Slegs 135 in hospitaal opnames uit 8561 positiewe gevalle. Ek dink omikron kry te veel aandag.

Dirk Mostert ·

Daar word getoets dat dit bars, maar bitter min van die positiewe toetse beland in hospitale en ook min sterftes relatief tot “infeksies”.

Thom ·

Geen ellektiewe prosedures kan in hospitale gedoen word indien dit nie voorafgegaan word deur ‘n negatiewe Covid-toets nie ___ verklaar baie van die toetse ; geen komplot nie .

Harry ·

Wys jou die jab werk anders was daar baie meer in hospitale op geneem en baie meer dood

Nici ·

Histeria wat nie net groot armoede tot gevolg gaan he nie maar ook die vernietiging van demokrasie en vryheid soos ons dit ken. Mense het nodig om aan te beweeg.

Marietjie ·

Ai wens mense wil luister en die enting kry. Hier by ons dra baie mense nie eers n masker nie. Ek bly liewer in my huis en is veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.