Altesaam 13 147 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 051 222 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 24,9%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (64%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (11%) en die Wes-Kaap (6%). Die totale aktiewe gevalle is 96 572.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 90 002 nadat nog 27 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 864 648 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 93,9%.
Suid-Afrika het tot dusver 19 838 883 toetse vir Covid-19 gedoen, 52 890 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 383 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 3 798 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 26,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 390 | 1 531 |
Vrystaat | 352 | 2 896 |
Gauteng | 8 445 | 62 718 |
KwaZulu-Natal | 1 396 | 9 309 |
Limpopo | 406 | 3 625 |
Mpumalanga | 545 | 3 871 |
Noordwes | 720 | 4 961 |
Noord-Kaap | 88 | 846 |
Wes-Kaap | 805 | 6 875 |
Totaal | 13 147 | 96 572 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 15 222 | 278 061 |
Vrystaat | 7 101 | 157 339 |
Gauteng | 19 737 | 922 905 |
KwaZulu-Natal | 14 798 | 500 210 |
Limpopo | 4 108 | 118 756 |
Mpumalanga | 2 018 | 151 587 |
Noordwes | 4 354 | 148 609 |
Noord-Kaap | 2 407 | 90 574 |
Wes-Kaap | 20 257 | 496 607 |
Totaal | 90 002 | 2 864 648 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
Is daar nou al ooit iemand dood aan die Omicron variant???
Enigiemand wereldwyd???
Die goeie nuus (dusver) is dat omicron nie so gevaarlik is nie. Wat wel pla is dat dokters en verpleegpersoneel weer gaan oortyd werk. Ek kry hulle regtig jammer. Hulle kan ook net soveel vat.
Gelukkig kry mens meer inligting by https://savaers.co.za Ongelukkig word dit geheim gehou deur???
En waar kry almal hierdie statistiek.
Volgens die WGO is die kanse glo 3x groter vir mense wat covid onder lede gehad het om die nuwe variant op te doen. Of hulle bloot nou raai… want omikron is nog ‘n onbekende faktor.