Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto (Foto: Go Nakamura/Getty Images North America/Getty Images via AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 11 754 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 27,2% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 458 286 te staan.

Nog 84 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 91 145 te staan.

Minstens 21 231 024 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van die Wes-Kaap (26%), gevolg deur KwaZulu-Natal (25%). Gauteng verteenwoordig 18%, die Oos-Kaap 12%, die Vrystaat 5%, Limpopo en Mpumalanga elk 4%, en die Noordwes en die Noord-Kaap elk 3%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 418 hospitaal-opnames. Daar is tans 9 401 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 174 037 persone (91,8%) het reeds herstel.

Altesaam 27 955 112 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap1414327872
Vrystaat582189554
Gauteng21261134525
KwaZulu-Natal2935612404
Limpopo426141575
Mpumalanga425176840
Noordwes359179212
Noord-Kaap375102096
Wes-Kaap3112594208
Totaal117543458286

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1538829818014304327872
Vrystaat716716657415813189554
Gauteng201081095434189831134525
KwaZulu-Natal1506052134076004612404
Limpopo41591337563660141575
Mpumalanga20311705544255176840
Noordwes440416262312185179212
Noord-Kaap2459910228615102096
Wes-Kaap2036953455439285594208
Totaal9114531740371931043458286

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.