Suid-Afrika het nou meer as 625 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 625 056 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 14 028 nadat nog 47 sterftes aangemeld is: drie in KwaZulu-Natal, 16 in Gauteng, sewe in die Oos-Kaap, sewe in die Wes-Kaap, drie in die Vrystaat en 11 in Mpumalanga.
Tot dusver het 538 604 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 86%.
Suid-Afrika het tot dusver 3 674 872 toetse vir Covid-19 gedoen, 21 902 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 86 060 | 13,7% |
Vrystaat | 37 557 | 5,9% |
Gauteng | 209 648 | 33,5% |
KwaZulu-Natal | 112 726 | 18% |
Limpopo | 13 167 | 2,1% |
Mpumalanga | 24 132 | 3,8% |
Noordwes | 25 240 | 4% |
Noord-Kaap | 10 568 | 1,6% |
Wes-Kaap | 105 908 | 16,9% |
Onbekend | 50 | 0% |
Totaal | 625 056 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 2 876 | 81 373 | 1 811 |
Vrystaat | 693 | 23 092 | 13 772 |
Gauteng | 3 572 | 181 299 | 24 777 |
KwaZulu-Natal | 2 138 | 95 653 | 14 935 |
Limpopo | 179 | 12 103 | 885 |
Mpumalanga | 341 | 22 563 | 1 228 |
Noordwes | 240 | 18 492 | 6 508 |
Noord-Kaap | 120 | 6 972 | 3 476 |
Wes-Kaap | 3 869 | 97 057 | 4 982 |
Totaal | 14 028 | 538 604 | 72 374 |


Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Watter doel sal dit dien om nou groot ondersoeke te doen oor of die ‘oortollige’ sterftes nie tog aan Covid-19 te wyte is nie? Waarom is die departement van gesondheid so behep met syfers? Probeer ons nommer 1 wees? Waarom was alle hospitale ontoeganklik vir ander siektes en nie sommige oopgehou vir gewone pasiènte nie. Klinieke was ook toe, Nou hierdie skielike gewonder. Nog miljoene moet weer ingespan word om te bewys dat almal nou aan Covid sterf.
Hierdie gekookte syfers maak my naar! Kry mos geld vir elke Covid dood… Syfers gaan op en ook herstelkoers so nee ek koop dit nie