Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 3 049 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 9,2% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 579 428 te staan.

Nog 114 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 13 sterftes die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 94 063 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.

Minstens 22 001 679 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (25%), gevolg deur die Wes-Kaap (19%). KwaZulu-Natal verteenwoordig 15%, Limpopo 10%, Mpumalanga 9%, die Oos-Kaap en Noordwes elk 7%, die Vrystaat 5% en Noord-Kaap 3%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 79 hospitaal-opnames. Daar is tans 6 662 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 405 713 persone (95,1%) het reeds herstel.

Altesaam 22 001 679 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap204339715
Vrystaat144195255
Gauteng7741160320
KwaZulu-Natal462639273
Limpopo307147903
Mpumalanga279182255
Noordwes221184211
Noord-Kaap78106386
Wes-Kaap580624110
Totaal30493579428

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap159893201703556339715
Vrystaat73491808487058195255
Gauteng20402113221377051160320
KwaZulu-Natal1570858855035015639273
Limpopo42341409852684147903
Mpumalanga20411783781836182255
Noordwes44751751514585184211
Noord-Kaap2502979025982106386
Wes-Kaap2136359151611231624110
Totaal940633405713796523579428

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerrie ·

Die inenting en toetse wys die selfde getal,glo dit nie dis rerig nou n surkis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.