Só lyk jongste Covid-19-statistieke  

(Argieffoto: pixabay)

Altesame 1 332 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 582 691 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 7,8%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (35%) en die Wes-Kaap (17%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (16%). Die totale aktiewe gevalle is 74 500.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 94 265 nadat nog 88 sterftes aangemeld is waarvan 14 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 413 926 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 95,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 22 041 433 toetse vir Covid-19 gedoen, 17 187 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 89 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 6 387 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 29,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap461 806
Vrystaat816 280
Gauteng4606 679
KwaZulu-Natal21335 599
Limpopo852 515
Mpumalanga1141 661
Noordwes754 796
Noord-Kaap266 078
Wes-Kaap2329 086
Totaal1 33274 500

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 119321 929
Vrystaat7 357181 758
Gauteng20 4081 134 187
KwaZulu-Natal15 708588 550
Limpopo4 234141 386
Mpumalanga2 052178 824
Noordwes4 796175 151
Noord-Kaap2 50697 902
Wes-Kaap21 406594 239
Totaal94 2653 413 926

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

krodedil ·

Wereldwyd kom mense in opstand teen regerings en hulle covod protokol. Die media, twitter en FB is vol van dit. Mense kan en gaan vir hulle self besluit. Die dae om soos skape op tee tree is verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.