Altesame 2 364 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 645 269 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 7,7%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (42%) en die Wes-Kaap (16%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (14%). Die totale aktiewe gevalle is 36 837.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 97 431 nadat nog 181 sterftes aangemeld is waarvan sewe in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 511 001 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,3%.
Suid-Afrika het tot dusver 22 723 984 toetse vir Covid-19 gedoen, 30 731 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 110 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 3 802 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 30,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 101 | 720 |
Vrystaat | 131 | 2 895 |
Gauteng | 983 | 7 712 |
KwaZulu-Natal | 326 | 12 444 |
Limpopo | 106 | 854 |
Mpumalanga | 177 | 1 755 |
Noordwes | 123 | 2 017 |
Noord-Kaap | 43 | 6 555 |
Wes-Kaap | 374 | 1 885 |
Totaal | 2 364 | 36 837 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 16 340 | 325 227 |
Vrystaat | 7 516 | 188 723 |
Gauteng | 20 526 | 1 153 862 |
KwaZulu-Natal | 15 925 | 619 613 |
Limpopo | 4 350 | 148 427 |
Mpumalanga | 3 878 | 187 132 |
Noordwes | 4 596 | 182 132 |
Noord-Kaap | 2 649 | 98 615 |
Wes-Kaap | 21 651 | 610 923 |
Totaal | 97 431 | 3 511 001 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Kan iemand asseblief verduidelik: Noord Kaap meld al vir weke lank die minste minste nuwe gevalle per dag in die land aan, maar het die 3de meeste aktiewe gevalle in die land.
FDA Executive Officer, Christopher Cole: “You’ll have to get an annual shot [COVID vaccine]. I mean, it hasn’t been formally announced yet because they don’t want to, like, rile everyone up.”
Grootste klugspul ooit en mense eet dit soos soetkoek.
Gaan vir julle inentings en dra julle skoon maskers gereeld (kan die masker dra maar permanent maak terwyl die pandemie nog aan die gang is). Hopelik bly die reels so streng by winkelskomplekse en so aan, ons kan nie nou slap le nie. Die volgende vlaag is op hande. So 3 maande nog dan kry ek my booster shot, net reg vir die winter.
Gister het ek net twee ure gewerk, maar ek gaan 10 ure op die klok sit.