Altesame 3 118 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 665 149 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 8,7%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (36%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (21%) en KwaZulu-Natal (15%). Die totale aktiewe gevalle is 34 211.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 98 978 nadat nog 110 sterftes aangemeld is waarvan ses in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 531 960 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,4%.
Suid-Afrika het tot dusver 22 964 127 toetse vir Covid-19 gedoen, 35 870 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 86 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 3 097 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 31,2 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 103 | 838 |
Vrystaat | 138 | 2 464 |
Gauteng | 1 114 | 8 270 |
KwaZulu-Natal | 463 | 9 827 |
Limpopo | 99 | 544 |
Mpumalanga | 268 | 1 688 |
Noordwes | 233 | 2 183 |
Noord-Kaap | 42 | 6 607 |
Wes-Kaap | 658 | 1 790 |
Totaal | 3 118 | 34 211 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 16 484 | 325 793 |
Vrystaat | 7 559 | 190 176 |
Gauteng | 20 555 | 1 160 721 |
KwaZulu-Natal | 15 956 | 624 779 |
Limpopo | 4 489 | 149 329 |
Mpumalanga | 4 660 | 184 296 |
Noordwes | 4 699 | 183 589 |
Noord-Kaap | 2 879 | 98 668 |
Wes-Kaap | 21 697 | 614 609 |
Totaal | 98 978 | 3 531 960 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
En daar word voort gegorrel.
Romania’s most famous football team, Steaua Bucharest, announce a ban on VACCINATED players, because the owner says that athletes ‘lose strength’
En steeds word die PCR toets die grootste klug en leun in ons mens geskiedenis hiervoor gebruik!!
“Bull” Wat van al die gevalle waar mense vals positief getoets was. Ek was een van hulle. Ek toets maandag positief by een Ampath en woensdag negetief by ander een in n ander stad. En dan nog die antegin toetse ook. Dis n klomp bollie.
Large German health insurance company analyzed data from 10.9 million insured individuals regarding vaccination complications.
The new data is “alarming,” says BKK board member Schöfbeck in a report by WELT.