Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie van Covid-19. (Foto: Unsplash)

Altesame 3 118 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 665 149 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 8,7%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (36%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (21%) en KwaZulu-Natal (15%). Die totale aktiewe gevalle is 34 211.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 98 978 nadat nog 110 sterftes aangemeld is waarvan ses in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 531 960 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,4%.

Suid-Afrika het tot dusver 22 964 127 toetse vir Covid-19 gedoen, 35 870 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 86 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 3 097 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 31,2 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap103838
Vrystaat1382 464
Gauteng1 1148 270
KwaZulu-Natal4639 827
Limpopo99544
Mpumalanga2681 688
Noordwes2332 183
Noord-Kaap426 607
Wes-Kaap6581 790
Totaal3 11834 211

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 484325 793
Vrystaat7 559190 176
Gauteng20 5551 160 721
KwaZulu-Natal15 956624 779
Limpopo4 489149 329
Mpumalanga4 660184 296
Noordwes4 699183 589
Noord-Kaap2 87998 668
Wes-Kaap21 697614 609
Totaal98 9783 531 960

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Adriaan ·

Romania’s most famous football team, Steaua Bucharest, announce a ban on VACCINATED players, because the owner says that athletes ‘lose strength’

Josua ·

En steeds word die PCR toets die grootste klug en leun in ons mens geskiedenis hiervoor gebruik!!

VaalDonkie ·

My skoonouers het beide op hierdie huidige oomblik COVID. Ek hoor hulle hoes elke paar minute. Maar die toetse kom almal negatief terug. Ons het dit almal van ‘n maatjie van ons dogtertjie gevang. Gelukkig het ek al vantevore COVID gehad en ma en dogter is ook al lankal weer gesond. Maar Ouma en Oupa het ‘n rowwe tydjie. En tog toets hulle negatief. Intussen laat waai ons maar met die FLCCC protokolle (want siende hulle negatief toets gaan hulle in elk geval nie deur ‘n dokter of hospitaal behandel word vir covid nie. So moenie eers begin nie).

Herman ·

“Bull” Wat van al die gevalle waar mense vals positief getoets was. Ek was een van hulle. Ek toets maandag positief by een Ampath en woensdag negetief by ander een in n ander stad. En dan nog die antegin toetse ook. Dis n klomp bollie.

Adriaan ·

Large German health insurance company analyzed data from 10.9 million insured individuals regarding vaccination complications.

The new data is “alarming,” says BKK board member Schöfbeck in a report by WELT.

VaalDonkie ·

hulle reken 1 uit elke 20 lede het ‘n eis ingedien. 1 uit 20. Dis amper twee kinders in elke klaskamer in Suid-Afrika as jy so daarna wil kyk.

piet ·

Wel as jy disprins koop vir ‘n hoofpyntjie kan jy seker eis daar.

Hayntjie ·

Wes-Kaap het in totaal heelwat meer sterftes van Covid as enige ander provinsie in die land. Die tweede meeste aangemelde gevalle is ook in die Wes-Kaap. Die laagste inenting koers per persentasie van bevolking in die land kom hier voor. Land staan al op twee derde en WK net op meer as ʼn derde. Laagste in die land by verre. Dan kla ons oor toerisme wat die WK nie wil besoek nie. Ons grootste bron van inkomste ly skade oor die belaglike weerstand teen inenting. Werkloosheid in die Wes Kaap is by verre ook die hoogste in die land van alle provinsies.
STELLING IS ONGEVERIFIEERD. 24 FEBRUARIE 2022.

VaalDonkie ·

Jy kan altyd Ooskaap toe trek as dit so sleg vir jou hier is.

Adriaan ·

French No 1 Gael Monfils blames adverse reaction to Covid booster for his recent withdrawals, with 35-year-old citing ‘health glitch’ as compatriot Jeremy Chardy also struggles after getting vaccinated last summer

Hendrik Daniël ·

Die geouditeerde sterftesyfers word duidelik in die verkeerde tydperk geplaas (ek neem aan die Departement van Gesondheid is nie in staat om dit reg te plaas nie), maar die provinsie waar die foute grotendeels gevind word, is Mpumalanga. Die SAMRC-grafieke wys ‘n geweldige Covid-19-sterftepiek nou vir Mpumalanga, ver bo sy oormaat natuurlike sterftes. Ter verskoning kan gesê word dat die Covid-19-sterftes in Mpumalanga tot einde Desember 2021 duidelik te laag was relatief tot sy oormaat natuurlike sterftes.

Hendrik Daniël ·

Die probleem is mens wonder steeds hoe korrek hul toekenning dan aan Covid-19 as oorsaak is, siende dat dit weke tot maande na die tyd is.

VaalDonkie ·

Ek dink dis redelik akkuraat want ek het die data van covid-sterftes teenoor “excess deaths” oor die “golwe” gesien en die twee grafieke volg mekaar amper 100%, dis net dat daar baie meer “excess deaths” as covid sterftes is. So ek dink darem dis min of meer die waarheid.

Hendrik Daniël ·

Die probleem is die verhoudings (Covid/Oormaat) in verskillende provinsies verskil baie. Wes-Kaap se piekverhoudings is omtrent 70%, SA oorhoofs s’n is omtrent 30%. Waarheen moet Mpumalanga, waarvan die vorige fase se piekverhoudings omtrent 10% was, gevat word – 30% of moet alle provinsies s’n na 70% gevat word? As mens na die wêreld se soortgelyke verhoudings kyk, is dit omtrent enigiets, van die VSA se 77%, Indië se 10%, tot Sjina se 0.5%.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.