Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 1 853 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 3 679 539 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 6,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (35%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (23%) en KwaZulu-Natal (20%). Die algehele aktiewe gevalle is 25 758.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 499 nadat nog 41 sterftes aangemeld is, waarvan twee sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 554 282 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,6%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 166 727 toetse vir Covid-19 gedoen, 28 302 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 65 hospitaalopnames. Daar is tans altesame 2 602 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 31,8 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap87592
Vrystaat892 172
Gauteng6506 822
KwaZulu-Natal3695 991
Limpopo36271
Mpumalanga971 031
Noordwes741 536
Noord-Kaap316 358
Wes-Kaap420985
Totaal1 85325 758

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 495326 542
Vrystaat7 585191 182
Gauteng20 5811 167 462
KwaZulu-Natal15 994631 090
Limpopo4 538149 928
Mpumalanga4 687185 889
Noordwes4 699184 970
Noord-Kaap3 21198 827
Wes-Kaap21 709618 392
Totaal99 4993 554 282

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oom Kaspaas

Die Noord Kaap het net soveel aktiewe gevalle soos die Oos Kaap, Vrystaat, Limpopo, Noordwes en Wes Kaap saam, maar het nog elke dag die minste nuwe gevalle …. gaan seker maar rof daar wat aftrekkings aanbetref

Bernard

Teen ‘n konserwatiewe R100 suiwer wins op elke “toets” het iemand reeds R2.3-biljoen ‘gescore’ ! Daar is dus geen rede om hierdie ‘ramptoestand’ op te hef nie.’

Papsak

Lekker geld maak besigheid hulle sal dit nie stop nie

Witbaard

Oudit word nou lekker gerek. Hulle kry seker n bonus by die WGO as die 100 duisend kerf bereik is.