Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Altesame 1 682 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 700 484 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 5,8%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (34%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (29%) en KwaZulu-Natal (19%). Die totale aktiewe gevalle is 15 052.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 829 nadat nog 62 sterftes aangemeld is waarvan drie sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 585 603 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,9%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 514 233 toetse vir Covid-19 gedoen, 29 181 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 41 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 060 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 32,9 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap55527
Vrystaat451 307
Gauteng5715 135
KwaZulu-Natal3242 960
Limpopo31208
Mpumalanga82582
Noordwes57903
Noord-Kaap272 645
Wes-Kaap490785
Totaal1 68215 052

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 558327 310
Vrystaat7 623192 881
Gauteng20 6081 176 618
KwaZulu-Natal16 030637 733
Limpopo4 574150 649
Mpumalanga4 705187 359
Noordwes4 711186 671
Noord-Kaap3 214102 853
Wes-Kaap21 806623 529
Totaal99 8293 585 603

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Witbaard ·

Hoe lank neem dit dan om die “oudit” klaar te maak. Dis n klug. Die sogenaamde oudit is bloot daar om die stats te beiinvloed sodat die noodtoestand geregverdig lyk.

VaalDonkie ·

Ek neem aan die staatshospitale vul nie die vormpies betyds in nie, so die oudit sal vir ewig en altyd aanhou.

DJ ·

Met die oudit word alle ander sterftes deurgegaan en word dit verander na Covid sterftes om sodoende die covid sterftes hoër te kry om sodoende die vrees in die land hoog te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.