Só lyk jongste Covid-19-statistieke

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Minstens 12 996 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 1 393 nuwe virusgevalle Woensdag aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 5,7%.

Die algehele sterftesyfer staan nou op 99 899 nadat nog ses Covid-19-verwante sterftes deur die departement van gesondheid aangemeld is. Geen sterftes is egter in die afgelope 24 tot 48 aangeteken nie.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (34%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (25%), KwaZulu-Natal (22%), Oos-Kaap (5%), Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes (3% elk) en die Noord-Kaap (1%).

ProvinsieAantal nuwe gevalle op 23 Maart aangemeld
Oos-Kaap64
Vrystaat46
Gauteng480
KwaZulu-Natal303
Limpopo46
Mpumalanga43
Noordwes48
Noord-Kaap15
Wes-Kaap348
Totaal1 393

Minstens 1 980 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog 41 mense Woensdag opgeneem is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 707 089 mense in Suid-Afrika al die virus opgedoen, van wie 96,9% reeds herstel het.

Daar is altesame al 23 643 793 Covid-19-toetse gedoen, waarvan 24 453 Woensdag gedoen is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 89 136 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 33 201 427 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

As jy kyk na die nuwe infeksies aangemeld en die aantal sterftes kan daar nie bepaal word of dit van die eerste variante is of die omikron nie.Ek wens hulle wil meer spesifiek wees.

VaalDonkie ·

NIOS se statistieke reken 3.7m mense het al covid gehad, maar 80% van Suid-Afrikaners het teenliggaampies en daar is 60m van ons.

Robert ·

Die teenliggaam persentasie sal bly klim totdat almal blootgestel was. Niks klop ‘n gesonde immunstelsel, vars lug en son nie,

Bernard ·

Die ANC skep minstens R100 per toets – dus amper R3-miljoen per dag. Daarom sal hulle hierdie speletjie uitrek.

Papsak ·

Ja ek stem die virus is net soos die anc wil flippen nie verdwyn nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.